Weg!

VARKTJOPS MET CLEMENGOLD, HEUNING EN ROOSMARYN

Dié maaltyd is maklik om te maak – op die stoof of oor die kole – en ideaal vir die naweek.

-

RESEP

Hierdie varktjops is eenvoudig, lekker en bekostigba­ar – dis ’n naweektref­fer wat jy weer en weer sal maak. Die soet, taai heuning-en-ClemenGold­marinade is veelsydig genoeg dat jy ook hoendervle­rkies daarin kan marineer of ’n oondhoende­r maak.

Jy benodig

4 ClemenGold-mandaryne ½ koppie heuning ¼ koppie witwynasyn sout en peper ’n knippie rissievlok­kies (opsioneel) 8 varktjops vars roosmaryn

Só maak jy

1 Druk die sap van die 4 ClemenGold-mandaryne uit en rasper die skil. Sit die sap, skil en vleis in ’n groot bak. Klits die heuning, asyn, sout en peper en rissievlok­kies (as jy dit gebruik) daarby tot gemeng.

2 Sit die varktjops in ’n diep bak of groot oondsak. Gooi die ClemenGold-mengsel bo-oor, voeg van die roosmaryn by en laat dit oornag marineer.

3 Verwyder die varktjops uit die marinade.

4 Verhit ’n kastrol oor matige hitte. Skink die ClemenGold­marinade daarin en verhit dit totdat dit stroperig is.

5 Verhit ’n groot riffelpan totdat dit baie warm is en maak die varktjops in sarsies gaar, terwyl jy dit met die ClemenGold-sous bedruip. (Of braai die tjops oor warm kole sodat die vet sis.)

6 Bedien saam met vars roosmaryn en ClemenGold-skil en bykos van jou keuse (soos kapokaarta­ppels en oondgeroos­terde groente).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa