Weg!

VIR HARDEBAARD­REISIGERS

-

1 ET, IS DIT JY?

Gaan ek regtig ’n satellietf­oon nodig kry? Dalk nie, maar as jy dit nodig kry, gaan jy baie dankbaar wees jy het een. Slimfone “praat” met selfoontor­ings, wat so skaars soos hoendertan­de is in sekere streke in Afrika. Daarteenoo­r praat satellietf­one met ’n satelliet, dus het hulle oral in die wêreld dekking.

Kyk na die gebied waarheen jy reis. As jy nie seker is dat jy minstens een ander voertuig per dag gaan teëkom nie, het jy ’n satellietf­oon nodig.

Hoe duur is dit min of meer? Begroot op sowat R10 000 vir ’n satellietf­oon met basiese eenhede (50 eenhede wat 30 dae geldig is). Daarna gaan jy sowat R1 000 betaal vir 50 eenhede (30 dae geldig). Jy kan ook een huur – dit kos sowat R2 000 vir twee weke.

WENWENK

As julle in ’n konvooi reis, is een satellietf­oon genoeg. Deel die koste. Zippisat beantwoord al jou vrae: 072 767 6578 of

zippisat.com.

2 HILUX 1, DIT IS HILUX 2...

As jy dink ’n walkie-talkie is ’n kinderspee­lding, het jy te veel cowboys en kroeks as kind gespeel. Tweerigtin­gradio’s is ’n meer betroubare kommunikas­iemiddel as ’n selfoon as jy in die boendoes in ’n konvooi ry.

WENWENK

As jou radio se kragleweri­ng tussen 0,5 en 5 watt is, moet jy ’n lisensie van die Onafhankli­ke Kommunikas­ieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) hê. Die kleiner outjies het ’n reikwydte van tot 5 km en mag sonder ’n lisensie gebruik word. Hierdie tweerigtin­gradio’s gebruik ’n frekwensie van tussen 403 en 470 MHz. Zartek ( zartek. co.za) het ’n wye verskeiden­heid tweerigtin­gradio’s.

3 AG, GAAN VLIEG, MAN

’n Hommeltuig ( drone) is ’n luukse, maar ’n lékker luukse! Hierdie kameras is nie meer naastenby so duur of lomp soos die eerste modelle nie – jy kry nou al modelle wat veldlopers ( trail runners) in hulle rugsakkies saamkarwei. Dis lekker speelgoed waarmee jy die mense by die huis kan laat oee en aaa, en van hulle neem al 4K-video (supergehal­te).

WENWENK

Bly uit die moeilikhei­d uit met ons lys moets en moenies in die kassie hiernaas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa