Weg!

Ken jou planete

- – Willie Koorts

Jy het dit dalk nie opgelet nie, maar vier van die vyf sigbare planete (net Mercurius is nie sigbaar nie) sit al die afgelope maand in ’n netjiese boog in ons hemelruim, byna ewe ver uitmekaar. Hoe weet jy watter een is watter een? Hou die Maan dop: Hy gaan kuier dié maand een vir een by die vier planete: by Venus op 14 Augustus (sien grafika), Jupiter die 17de, Saturnus die 21ste en Mars die 23ste. (Uranus en Neptunus is nooit met die blote oog sigbaar nie).

Hou Venus dop. Dit het vroeg vanjaar die “aandster” geword en klim sedertdien al hoër op teen die naghemel. Op die 17de bereik die planeet teen sononder sy hoogste punt bokant die westelike horison (46° bo die horison).

As jy toegang het tot ’n teleskoop, kyk op 15 Augustus: Die planeet lyk soos ’n perfekte “halfmaantj­ie”!

Venus is besig om tussen die Aarde en die Son deur te beweeg. Dit het twee gevolge. Venus beweeg al nader aan ons en raak al groter – nog iets wat jy met ’n teleskoop sal sien. Tweedens sit hy elke aand met sononder al laer – hy sak nou vinnig om teen Oktober in die Son se gloed te verdwyn tot November wanneer hy as die oggendster verskyn.

Venus is eers op 21 September op sy helderste. Teen hierdie tyd is hy net ’n sekelmaant­jie deur ’n teleskoop, maar onthou: Hy het terselfder­tyd groter geword soos hy nader aan die Aarde beweeg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa