H­len­gi­we Mag­a­gu­la

Die reis­skry­wer H­len­gi­we Mag­a­gu­la (29) het drie jaar ge­le­de haar eer­ste stap­roe­te vol­tooi en se­dert­dien het die gog­ga haar or­dent­lik ge­byt. Sy deel reis­wen­ke oor haar tuis­land, S­wa­zi­land, en haar guns­te­ling-stap­kol­le in die Kru­ger.

Weg! - - Kortliks - – Su­zaan Hall

Van waar die lief­de vir die bui­te­le­we en

stap? My wor­tels lê in die in­kan­ga­la (ho­ë­veld) na­by my tuis­dorp, Piggs Pe­ak, in S­wa­zi­land. Dis heu­wel­ag­tig hier, en ek het as kind o­ral heen ge­stap – en ek is steeds fiks! Ek het ook tyd in Bu­lem­bu deur­ge­bring, ’n dorp aan die voet van S­wa­zi­land se hoog­ste berg en waar­skyn­lik die heu­wel­ag­tig­ste dorp in die land!

Ek het tot ’n paar jaar ge­le­de nie veel ge­leent­heid ge­had om te reis nie. Maar toe het ’n vriend wat die Ot­ter-stap­roe­te wou doen, my saam­ge­nooi. Dit was die eer­ste keer dat ek met ’n rug­sak ge­stap het, maar dank­sy die hut­te is die roe­te heel ge­mak­lik. En dis skou­spel­ag­tig mooi! Ek het ’n stap­dag­boek ge­hou en dit la­ter in ’n sto­rie om­skep.

Daar­na wou ek ook an­der stap­roe­tes pro­beer in par­ke soos iM­fo­lo­zi en die Kru­ger­wild­tuin – ek is al­tyd be­sig om my vol­gen­de roe­te te be­plan!

Wat be­hels jou werk? Ek skryf vol­tyds, on­der meer vir San­par­ke se Wild- tyd­skrif, die Sun­day

Ti­mes, Tra­vel A­fri­ca en vlieg­tuig­tyd­skrif­te. Ek het laas­jaar ’n kort e-boek oor S­wa­zi­land uit­ge­gee – dis ge­mik op be­soe­kers wat die land oor­kruis tus­sen die wild­tuin of Mo­sam­biek en K­waZu­lu-Na­tal en so­wat een tot drie dae hier deur­bring. My twee­de boek het dié jaar ver­skyn – ’n gids tot die Kru­ger­wild­tuin se ver­skil­len­de stap­roe­tes.

Die skryf­werk is eg­ter ’n klein deel van wat my be­sig hou: Na­vor­sing en die be­plan­ning van rei­se neem baie tyd in be­slag.

Wat is die bes­te deel van jou werk? Ek ge­niet die vry­heid om van die huis of e­ni­ge an­der plek af te kan werk. En ek is mal daar­oor om bui­te te wees en te kamp, en om te weet my werk be­vor­der toe­ris­me.

En die sleg­ste? Dis sleg as pu­bli­ka­sies jou werk af­keur – of my net glad nie ant­woord nie!

Die in­ter­net is nood­saak­lik vir my werk,

maar op Piggs Pe­ak kan die ver­bin­ding soms swak wees en op­roe­pe is ook be­son­der duur. Hoe het jy ’n ken­ner oor stap­roe­tes in die wild­tuin ge­word? Die Kru­ger­wild­tuin is die naas­te park aan Piggs Pe­ak – selfs na­der as die S­wa­zi­land-par­ke – en ek was dus al ’n he­le paar keer daar. Toe ek al hoe meer in stap en stap­roe­tes be­gin be­lang stel, was dit na­tuur­lik om die Kru­ger­roe­tes te on­der­soek, en ek het gou ver­knog ge­raak aan die op­win­ding daar­van om tus­sen groot die­re te stap, en ver­al om in ’n tent in die wil­der­nis te slaap.

Ek het ge­sien hoe moei­lik dit is om in­lig­ting oor al die stap-op­sies te kry en die ge­leent­heid vir ’n e-boek hier­oor ge­sien. Die San­par­ke­per­so­neel en -gid­se en an­der er­va­re stap­pers het my baie ge­help. Wat is jou guns­te­ling­stap in die wild­tuin

en hoe­kom? Hul­le is al­mal puik! Dis ver­al die groep stap­pers en jou gids wat een on­ver­geet­lik maak. Ek het laas­jaar op die Lo­ne­ly Bull-roe­te won­der­li­ke stap­maats ge­had. Ek sou net daar wou om­draai en weer te­rug­stap soos die gid­se ge­maak het, maar moes aan­be­weeg na ’n an­der be­stem­ming!

Die Pa­fu­ri-streek is ook spe­si­aal. Ek hou in die al­ge­meen van die noor­de, want dit is so ver­la­te, en het kre­me­tart­bo­me én die won­der­li­ke koors­boom­woud.

Ek hou ook daar­van om by die e­re­veld­wag­ters se twee bos­kam­pe te bly – baie men­se weet nie van dié kam­pe nie. Dis i­de­aal vir groe­pe van tot agt vrien­de en die Sand­ri­vier­kamp is mak­lik om by uit te kom – nie ver van S­ku­ku­za af nie. Die veld­wag­ters maak kos en lei stap­roe­tes. (Nog in­lig­ting:

bushcamps@ho­no­ra­ry­ran­gers.org) E­ni­ge wen­ke vir ie­mand wat ’n wild­tuin­rug­sa­k­roe­te doen? Dra net wat no­dig is: Tel el­ke ete en peu­sel­hap­pie af en sit dit in ’n Zi­ploc-sak­kie. En ont­hou jou hoed! Wat­ter reis­wen­ke het jy vir Suid-A­fri­ka­ners wat ’n draai in S­wa­zi­land wil maak? Bu­lem­bu lê na aan my hart. Die Bu­lem­bu Lod­ge is ’n lek­ker bly- en eet­plek en daar is ’n in­te­res­san­te mu­seum oor die dorp se myn­ge­skie­de­nis.

Klim Em­lem­be, S­wa­zi­land se hoog­ste berg­spits – dit be­hoort ’n hal­we dag te neem en gee jou ’n wye uit­sig oor die land­skap.

Die M­lil­wa­ne-re­ser­vaat is ook ’n goeie bly­plekop­sie. Die tra­di­si­o­ne­le hut­te bied goeie waar­de vir geld (va­n­af R470 p.p.p.n.; big ga­me­parks.org) en jy kan die re­ser­vaat te voet, te perd of op ’n fiets ver­ken.

Daar’s ’n ou­li­ke re­stau­rant en dis ’n kort uit­stap­pie – so­wat 20 mi­nu­te per mo­tor – na die kuns­vlyt­win­kels Go­ne Ru­ral, S­wa­zi Cand­les en Ba­o­bab Ba­tik. Guns­te­ling­plek in Suid-A­fri­ka waar jy al moes draai vir werk? Die B­ly­de­ri­vier­ca­nyon. Daar is so­veel goed om te sien in ’n klein deel – die ca­nyon, wa­ter­val­le én grot­te.

As ek die Lot­to wen… koop ek da­de­lik my eie mo­tor – ek het pas my ry­be­wys ge­kry!

Vir ’n va­kan­sie pak ek dié mo­tor met kamp­toe­rus­ting, kos, ap­pel­bier en hout­skool en val in die pad vir ’n ro­ad trip na ê­rens.

My droom­be­stem­ming is… ’n Woes­tyn­ge­bied soos die Na­mib of Ka­la­ha­ri. Ek hou nie van die stads­ge­druis nie; ek dink dis hoe­kom die uit­ge­strek­te dor land­skap­pe vir my aan­lok­lik is. H­len­gi­we se boe­ke is be­skik­baar by

a­ma­zon.com; soek vir Gui­de to Wal­king in the Kru­ger Na­ti­o­nal Park (e-boek en

sag­te­band) en Kru­ger to the Co­ast via

S­wa­zi­land (e-boek).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.