Weg!

DRAKENSBER­G

- WOORDE ANNEMARIE VAN DER WALT FOTO’S LAWRETTE MCFARLANE

Jy hoef nie nét te stap as jy in die Drakensber­g kuier nie – hier is ons voorstelle vir blyplekke na aan die berg waar jy kan stoepsit, wyd tuur en goed rus

Is jy lus vir ’n naweek van stoepsit en in die verte tuur? Die Drakensber­g is sowat 3½ uur se ry van Gauteng of Durban af. Sit ’n verlofdag of twee in en rus in die skaduwee van Suid-Afrika se mooiste bergreeks.

Staan jy op enige punt in die uKhahlamba Drakensber­gpark verstaan jy gou waarom sommige mense behep is met hierdie bergreeks – hier is soveel om te ontdek, dit voel asof ’n leeftyd nie lank genoeg is nie! Kyk, nie almal van ons is stappers wat pieke aanpak en in ’n tent of grot oornag nie. Gelukkig is hier talle selfsorgop­sies met kaggels en wye stoepe waar jy steeds die Drakensber­g se bekoring kan geniet.

Maar wees paraat: Hier is heelwat blyplekke met ’n véraf uitsig op die Drakensber­g waarvan die naam te kenne gee dit is sommer om die hoek. Maar in der waarheid is dit ’n spreekwoor­delike dagrit te perd ver met ’n gans ánder atmosfeer.

Ons mikpunt was om wegbreekpl­ekke so na as moontlik te soek, as ’t ware ín die berg se skadu en voue. Nou ja toe, pak jou tas (stapstewel­s is nie verpligten­d nie), ’n goeie boek of twee en antwoord die roepstem van die berg. >

 ??  ?? UITSIG VAN DIE IKHAYALAMA­FU MOUNTAIN HIDEAWAY AF.
UITSIG VAN DIE IKHAYALAMA­FU MOUNTAIN HIDEAWAY AF.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa