Weg!

FOTOPORTEF­EULJE

- N SAAMGESTEL DEUR SHELLEY CHRISTIANS Gaan na hougaardma­lan.com om nog van sy werk te sien.

Kyk hoe lyk Namibië deur die lens van die bekroonde landskapfo­tograaf Hougaard Malan

amibië se dor landskappe lok fotograwe van reg oor die wêreld – gaan kyk maar op Instagram (#namibialan­dscapes, #namibiapho­tography). Oral waar jy kyk, sien jy hoe geologie “gebeur”: Die eindelose vlaktes van die suide waar rotsgeberg­tes soos eilande verrys; die oranje duine van die Namib; die woestynriv­iere van die noorde...

Vir Hougaard Malan is die beste ding van Namibië die min mense. Die land het een van die laagste bevolkings­digthede ter wêreld – net sowat 3 mense per vierkante kilometer!

Die suide is saans een van die donkerste plekke in die land en ideaal om die naglug af te neem. “Met nuwemaan by Dooievlei kan jy die skaduwee van jou hand sien as jy dit na aan die wit klei-oppervlak hou,” sê Hougaard. “’n Skaduwee geskep deur sterrelig.”

Hougaard erf sy liefde vir die natuur en wilde plekke by sy ouma, sê hy. Toe hy jonk was, het sy vir hom geïllustre­erde ensikloped­ieë en boeke oor natuurgesk­iedenis gegee en hy het totaal weggeraak in die mooi foto’s. Die res is geskiedeni­s.

Hy het die afgelope dekade een van Suid-Afrika se beste landskapfo­tograwe geword en hou daarvan om sy passie met ander te deel: As hy nie by die huis op Stellenbos­ch is nie, lei hy fototoere na bestemming­s soos Patagonië (sien Weg #165), die Blyderivie­rcanyon en die Wildekus.

En, natuurlik, Namibië.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa