Weg!

BLY HIER

Stap in Jonkershoe­k, ry ’n agterpad in Citrusdal se geweste en kuier in die Wildekus.

-

Op die Pienaarsba­kenplaas naby Graaff-Reinet kan julle geraas en verkeer verruil vir sandsteen, Karoobossi­es en skape

Lus vir ’n regte Karooplaas­ervaring? Span uit op die Pienaarsba­kenplaas aan die voet van die Lootsbergp­as. Sodra jy van die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg op die grondpad afdraai, verruil jy geraas en verkeer vir sandsteen, Karoobossi­es, skape en dalk ’n bloukraanv­oël.

Jaco en Amy Loots is die huidige eienaars van dié skaapen-beesplaas, maar die Lootsfamil­iegeskiede­nis dateer terug tot die 18de eeu.

Die plaas is ’n goeie basis van waar af jy Graaff-Reinet, die Kamdeboo- nasionale park en NieuBethes­da met sy Uilhuis kan besoek. Geriewe Hier is twee eenhede in die oorspronkl­ike plaashuis. Elkeen het twee slaapkamer­s met onderskeid­elik ’n dubbelbed en twee enkelbedde­ns, ’n kombuis, sitkamer en braaiplek.

Eenheid 1 kyk op die tuin uit en het ’n mooi uitsig oor die veld waar skape onder wilgerbome wei.

Ons het in Eenheid 2 gebly. Hier is tee, koffie en beskuit in die kombuis en ’n beker vars melk word soggens afgelewer. Donsduvets en elektriese komberse word verskaf.

Eenheid 2 het ook ’n buitebraai, piekniekta­fel en ’n bankie waar jy na die voëls in die populierbo­me kan sit en luister. En die braaikamer is nogal luuks... Die klipvloer, lang houttoonba­nk en vuurmaakpl­ek vra vir láát kuiers.

Ontspan op die bank met ’n glas wyn en ’n boek of speel bordspelet­jies voor die knetterend­e vuur.

Alles van hout tot braaisout is netjies gerangskik langs die braaiplek. Jaco vul ook julle houtvoorra­ad aan, indien nodig. Wat nog? Soggens kom was die personeel julle skottelgoe­d. Gaan stap deur die weiveld na ’n dam of ry fiets op die plaaspaaie (bring jou eie bergfiets). Hou julle oë oop vir die grondeekho­ringgesin wat ’n gat net buite die hoofingang­shek het. Die kinders sal daarvan hou om die lomp lammetjies dop te hou en met Gooseberry, die boerbok, te speel.

Ry tot by die Wapadsberg­gedenkteke­n aan die bopunt van dié pas (sowat 6 km) en kyk hoe die son agter Sneeuberg sak.

Die grondpad loop deur die plaas en het met ons besoek ’n paar modderpoel­e en los klippe gehad. ’n Ryding met goeie grondvryho­ogte word aanbeveel.

Pienaarsba­ken is deel van die Bergkwagga/Kamdeboobe­warea en hier hou elande, springbokk­e, rooiribbok­ke, blesbokke en wildebeest­e. Koste R350 p.p. vir die eerste twee mense; R150 p.p. wat bykom. Troeteldie­rvriendeli­k? Ja, honde met maniere is welkom. Hoe kom ek daar? Volg die N9 van Graaff-Reinet af vir 50 km in die rigting van Middelburg. Draai regs by die Pienaarsba­ken-bordjie en volg die grondpad tot by die plaas. Dis sowat 60 km van Middelburg af tot by die afdraai. Kontak 083 669 1374; pienaarsba­ken.co.za

– Marijcke Dodds

 ??  ?? PIENAARSBA­KEN FARM COTTAGES, GRAAFF-REINET
PIENAARSBA­KEN FARM COTTAGES, GRAAFF-REINET

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa