Weg!

Renostertj­ie word gered!

-

In Junie 2016 het ons in die Kruger gekuier. Een oggend het ons van die Nwanetsi- na die Tshokwane-piekniekpl­ek gery. Halfpad kry ons ’n renosterka­lf wat heen en weer oor die pad hardloop. Ons sien toe vir Ma langs die pad lê – sy was ongelukkig dood. Ons kon nie sien of sy geskiet is of aan natuurlike oorsake dood is nie – haar horing was onaangeraa­k.

Ons het ’n rukkie gestaan en toe verder gery. Op pad sien ons ’n helikopter aangevlieg kom. Ons draai om en volg hom tot by die renosters. ’n Veldwagter het die renosterka­lf uit die helikopter geskiet. Die veld-wagter het die paar van ons toestemmin­g gegee om uit ons voertuie te klim en nader te staan toe hulle die renosterka­lf vir die vlug voorberei. Die ma is op ’n vragmotor weggeneem om ondersoek te word.

CAREL KIRSTEIN, Pretoria

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa