Weg!

Jan Tuisbly se buitestort

-

Terwyl ek een oggend stort, dink ek hoe vervelig dit is om in jou toilet en wasbak vas te kyk. Ek is 'n kranige tuinier en besluit toe om 'n buitestort te bou.

Ek het 'n wynvat gebruik vir 'n wasbak, met klippe wat ek op my reise versamel het. Gas sorg vir warm water.

Ek vang die koue water op in 'n Sedgwick's-keteltjie vir my plante.

Nou kyk ek vir my plante en hoor voëltjies terwyl ek stort, en saans is die maan en die sterre my plafon. IAN IRVINE, Amanzimtot­i

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa