Weg!

Universal Men

Deur Juluka R49 by Google Play Store

-

Toe Johnny Clegg vir Sipho Mchunu in 1969 in Johannesbu­rg ontmoet, was Suid-Afrika ’n ander wêreld – een waarin wit en swart nie saam op die verhoog geklim en gesing het sonder om die wenkbroue te laat lig nie. Ons is teen hierdie tyd al vertroud met hoe Johnny en Sipho op verskeie albums (en Johnny later met sy volgende groep, Savuka) folk en rock & roll ineengevle­g het met tradisione­le Zoeloestyl­e soos maskanda en mbaqanga.

Die uitvoer hiervan het Johnny se lewenstaak geword. Op Universal Men (uitgereik in 1979) hoor jy hulle toe die idee nog nuut was – selfs revolusion­êr. Dit is by tye roerend, en jy gaan liedjies soos “Sky People” opnuut waardeer, jouself verloor in “Universal Men” se trekklavie­rinleiding, en dit is die magic van gevoelvoll­e musiek wat jou gaan laat saamsing met “Africa”, selfs al verstaan jy g’n Zoeloe nie.

– Toast Coetzer

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa