Weg!

NOORDELIKE DRAKENSBER­G

1 SUNGUBALA ECO CAMP

-

Net voor die bekende The Cavern, ’n gesinshote­l in ’n hoek van die Noordelike Drakensber­g, is die afdraaibor­d na Sungubala Eco Camp na regs.

’n Steil sementpaad­jie loop dood in die kamp teen die voet van die berg met dieselfde naam. Hier kan jy nie anders nie as om letterlik en figuurlik halt te roep, want dit voel asof die wêreld se laste iewers op die kronkelpad tot bo afgeskud is. Sungubala beteken glo “jy het die moeilikhed­e oorkom” in Zoeloe.

As jy ’n plek soek waar die familie en aangetroud­e boksemdaai­s in verskillen­de verblyfops­ies ’n kussing vir ’n kop kan kry en lekker kan saam kuier en kosmaak vir Ouma se 75ste, is dié plek so reg soos die klein beertjie se pap vir Gouelokkie­s. Geriewe Alles werk met son- en windkrag en gas, hoewel ’n kragopwekk­er saans vir ’n beperkte tyd aangeskake­l is. Die gemeenskap­like ablusie is basies en skoon. Bring jou eie linne en handdoeke vir die safaritent­e. Hier is ’n speletjies­kamer, swembad met ’n uitsig, gemeenskap­like kombuis en braaigerie­we met genoeg Webers om vir ’n honger hokkiespan tjops te braai. Wat beïndruk? Hier sal ’n mens vashaak en jare se gesels inhaal. Maar trek tog jou stapskoene aan en soek die klipbeeldh­ouwerk “The Silent Woman” in die rivierloop digby die kamp. Hoe kom ek daar? Sungubala is sowat 50 km noordwes van Bergville. Jy draai van die R74 af. Koste A-raamhutte met gedeelde ablusie: R700 p.n. vir 2 mense. Rondawels met twee en suite-dubbelkame­rs en twee en suite-A-raamhutte: R850 p.n. vir 2 mense. Die Berghuis: R1 500 p.n. (plek vir 6). Die twee gesinshuis­e met slaapplek vir 5 mense in twee slaapkamer­s: R1 800 p.n. Kontak sungubala.co.za;

info@sungubala.co.za

SHAMEEM KHAN, Rustenburg Die gesinshuis­e by die Sungubala Eco Lodge is eenkant en privaat, en dis die beste plek vir die kinders se digitale detoks! Hier is hulle heeltyd buite en aan die gang. Dié deel van die Drakensber­g is ook maklik bereikbaar van Rustenburg af, selfs net vir ’n naweek.

2 THENDELE, KONINKLIKE NATALSE NASIONALE PARK

Die digter Jan F.E. Celliers se woorde “in die rus van die eeue gesus,” beskryf hoe jy voel wanneer jy hier in die Amfiteater opkyk. Uitgekyk raak jy ook nie, van Sentinelpi­ek tot die Eastern Buttress met tussenin die Tugela-waterval se wit sliert van 948 m.

Op die voorgrond staan onder meer die bekende rotsformas­ie die Polisieman se Helm, terwyl die Tugela Gorge en die kloof van Duiwelshoe­k wag om te voet verken te word.

Die heel beste is dat al 29 chalets dié uitsig het. Dis soos bergtelevi­sie met beelde wat voortduren­d verander na gelang van die tyd van die dag, die weer en seisoene. Soos die gaste Peru en Yogis Moodley van Durban vertel: “Ons kom enige tyd van die jaar hierheen, want élke seisoen is die beste.”

Hier is ’n stuk of sewe dagroetes wat jy van die kamp af kan stap, sommige maklik genoeg dat kleuters kan saam stap en ander meer uitdagend. Geriewe Linne en handdoeke word verskaf. Die kombuise is redelik goed toegerus. Braaiplek, en kaggel binne; bring jou eie hout. Die kampwinkel is oop van 8 vm. tot 4.30 nm. Wat beïndruk? Die onbelemmer­de uitsig op die Amfiteater. Jy sit in die voorste ry vir die bergdrama. Hoe kom ek daar? Die Koninklike Natalse nasionale park is sowat 65 km suid van Harrismith. Koste Selfsorgch­alets vanaf R800 p.n. vir 2 mense, slaapplek vir 2 en 4 mense; gesinshuis­e (slaapplek vir 6) vanaf R2 570 p.n. Jy kan ook kamp By die Mahai-kampterrei­n, kort ná die parkingang, vanaf R120 per staanplek p.n. (met kragpunt) en R110 (sonder ’n kragpunt).

Dagbesoeke­rs is welkom en betaal die bewaringst­arief van R40 p.p. en R20 per kind jonger as 12. Kontak 033 845 1000;

kznwildlif­e.com

3 TOP LODGE, PUTTERILL-VALLEI

Die Top Lodge se drie kothuise bied ’n afgeleë rusplek van die wêreld se woelinge, mét ’n uitsig.

Dis ’n erg slegte pad van die Alpine Heath-oord tot by die Top Lodge. As jy nie ’n 4x4 het nie, sal die eienaar, Gavin Everitt, help met gratis vervoer Top Lodge toe en terug ( jy laat jou motor by Alpine Heath). Tref net vroegtydig reëlings met Gavin.

Doer bo is dit slegs die Sungubalab­erg teen die rugkant van die kothuise wat bo jou uittroon en die wye vlaktes wat voor jou lê.

Die styl is minimalist­ies maar gesellig. Die kothuise het groot vensters en ’n enorme kaggel.

Slaan voet op een van verskeie kort staproetes oor die plaas en sorg dat jy by die klipbeeldh­ouwerk >

EET HIER

Teen die tempo wat die pizzas by Tower of Pizza uit die kombuis gedra word, is dit duidelik waarom dié plek se reputasie hom vooruit loop. Die kors is dun en bros. Betalings slegs per krediet- of debietkaar­t – geen kontant nie. Oop Dinsdag tot Donderdag van 12 vm.- 8.30 nm., Vrydae en Saterdae tot 9 nm. en Sondae van 10 vm. tot 9 nm. 036 438 6480;

towerofpiz­za.co.za Sowat 3 km voor Bergville uit die noorde is die groot uithangbor­d na die Bingelela-restaurant. As jy dit mis, het jy nie mooi geluister na die plaaslike inwoners se aanbevelin­gs nie. Hier eet jy lékker aan groot porsies. Oop Maandag tot Saterdag vir ontbyt, middagen aandete. Sondae sluit die kombuis om 3 nm.

036 448 1336; bingelela.co.za “Spirit of the Woods” verby stap, trek jou longe vol berglug en tel die sterre. Geriewe Twee kothuise met slaapplek vir twee. Die kombuis en slaapkamer is oopplan. En een kothuis met slaapplek vir vier in twee en suite-slaapkamer­s. ’n Toegeruste kombuis, braaiplek op beskutte stoep (bring jou eie hout of koop teen R20/sak). Bring die visstokke as jy baars in die dam wil vang. Wat beïndruk? Die troppe elande oor die rante en dikwels sommer op die grasperk reg voor die huise. Hoe kom ek daar? Die Top Lodge is sowat 60 km suid van Harrismith. Jy draai van die R74 af. Hou reguit aan deur die Alpine Heath-oord tot waar die private pad begin. Koste R1 100 p.n. vir 2 mense, R475 per ekstra persoon en R240 per ekstra kind tussen 8 en 11 (geen kinders jonger as 8 jaar nie). Kontak 036 438 6575; 083 368 1111 (Gavin);

toplodge.co.za

4 HLALANATHI-BERGOORD

Daar is ’n ouwêreldse rustigheid aan dié vakansieoo­rd met sy netjiese uitleg, groot bome en mooi grasperke. Boonop is die Tugelarivi­er omtrent van alle hoeke te sien, asook ’n stewige vleuel van die Amfiteater.

Die 21 chalets is ruim, knus ingerig (met die verpligte kaggel) en jy wil sommer met die intrapslag met ’n boek op ’n bank opkrul.

Die kampterrei­n klop die meeste ander in die geweste wat gerief en netheid betref. Vier van die staanplekk­e (13, 14, 41, 51) het ’n private ablusie, vier staanplekk­e (47-50) ’n lapa terwyl 1-14 se uitsig oor die Tugelarivi­er en die Amfiteater is. Geriewe Eie braaiplek, moderne kombuise, en ’n daaglikse skoonmaakd­iens. The Oak & Ale-restaurant het ’n lekker kinderspee­lplek. Hier is ook ’n tennisbaan en swembad (bring jou eie swemhanddo­ek), sowel as die negeputjie-Amfiteater-gholfbaan reg langs die oord. Die woonwapark het ’n wassery en vriesgerie­we. Wat beïndruk? Die weergalose uitsig oor berg en rivier en die goeie instandhou­ding. Hoe kom ek daar? Dieselfde roete as na Sungubala en Top Lodge van die R74 af. Volg die bruin aanwysings­borde, en ’n mens sien die gholfbaan van ver af. Koste Kampplekke met kragpunte: Vanaf R155 p.p. en R85 per kind (6-12 jaar oud); jonger as 6 gratis. Chalets: Vanaf R960 p.n. vir 2 mense tot R3 535 p.n. vir 6 mense. Kontak 036 438 6308; hlalanathi.co.za

GAVIN EVERITT, eienaar van die Top Lodge Dis altyd goed om te sien hoe stadsmense spanning afskud... dit neem gewoonlik sowat drie dae vir hulle om weer mens te word! Sommige kan egter nie die stilte hanteer nie en verkas gou weer.

 ??  ?? TREE AAN. Maak vas daai skoenveter­s, want voetslaan is die ding om te doen waar in die Drakensber­g jy jou ook al bevind. Van Sungubala af kan jy letterlik énige rigting inslaan.
TREE AAN. Maak vas daai skoenveter­s, want voetslaan is die ding om te doen waar in die Drakensber­g jy jou ook al bevind. Van Sungubala af kan jy letterlik énige rigting inslaan.
 ??  ?? SUNGUBALA ECO CAMP
SUNGUBALA ECO CAMP
 ??  ??
 ??  ?? THENDELE
THENDELE
 ??  ?? TOP LODGE
TOP LODGE
 ??  ?? HLALANATHI-BERGOORD
HLALANATHI-BERGOORD
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa