Weg!

8 INJISUTHI, SENTRAAL-DRAKENSBER­G

-

Soos al KZN Ezemvelo se ruskampe in die Drakensber­g, is die ligging van dié een van die mooiste en die naaste aan die berg teen ’n bekostigba­re prys.

Die meubels is dalk tam, maar jy is nie veronderst­el om soveel tyd in die kothuis deur te bring dat dit moet pla nie. Als is skoon, danksy die daaglikse skoonmaakd­iens.

Van elke kothuis af kyk jy uit oor die kranse en die wolke daaroor, en soms op ’n wintersogg­end is die pieke toe onder die sneeu.

Die dagstaproe­tes uit dié kamp is van die mooiste – stap die Van Heyningens­pas op as jy ’n onbelemmer­de uitsig oor die omgewing wil hê. Geriewe Braaigerie­we, ’n kaggel binne, en die kombuis het als wat nodig is. Die kampwinkel is oop van 8 vm. tot 4.30 nm. Wat beïndruk? Die keuses van staproetes in ’n deel van die berg wat voel asof dit jou toevou. Hoe kom ek daar? Neem die R600 uit Winterton, draai ná 13 km links na die Loskop-nedersetti­ng – 6,3 km verder is dit regsdraai deur Loskop. Injisuthi is 32 km verder. Ry stadig deur die nedersetti­ngs; ’n voertuig met ’n hoë grondvryho­ogte word aanbeveel. Koste Kampplekke (sonder ’n kragpunt): Vanaf R95 p.p. Hier is 16 chalets elk met vier beddens: Vanaf R310 p.p. en ’n kothuis met slaapplek vir agt mense vanaf R260 p.p.p.n. Skiet vir chalet no. 3 op die boonste end – minder mense, meer uitsig. ’n Bewaringst­arief van R40 per volwassene en R20 per kind per dag is betaalbaar. Kontak 033 845 1000; kznwildlif­e.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa