Weg!

11 LAKE NAVERONE, MZIMKHULUR­IVIER VALLEI

-

Die pad wat jou tot by Lake Naverone neem, moet een van die mooiste paaie in die land wees. Dis talle kinkels en kronkels en om elke draai ’n uitsig uit ’n ander hoek oor die berg. Elke nou en dan kruis jy die Mzimkhulur­ivier, en dan is die bestemming boonop ook ’n hoogtepunt.

Die oord lê uitgestrek met genoeg ruimte tussen die kothuise om privaathei­d te verseker. En glo my, jy gaan nie anders kan as om jou Instagram-volgelinge te oorval met foto’s van die weerkaatsi­ng van die berg in die twee groot mere nie.

Die meerderhei­d kothuise is teenaan die mere, en vlieghenge­laars kan van die stoep af lyn natmaak. Geriewe Die kothuise is besonder goed toegerus. Elkeen het ook ’n kano vir eie gebruik. Verder is hier trapbote, ’n speelpark, tennisbane en ’n vliegveld. Bespreek kothuis 9 as Siebie, die worshond, saam reis. Wat beïndruk? Privaathei­d en uitsig, al is hier 21 kothuise in die oord. Ook die vriendelik­heid van die ontvangspe­rsoneel. Hoe kom ek daar? Neem die R617 uit Underberg. Lake Naverone is 30 km verder op linkerhand. Koste Kothuise met slaapplek vir 2 tot 12 mense: Vanaf R540 tot R680 p.p.p.n. Vra na die spesiale aanbieding­s in die middel van die week. Kontak 033 701 1236; lakenavero­ne.co.za

 ??  ?? LAKE NAVERONE
LAKE NAVERONE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa