Weg!

Piet en Rici van Graan

-

Visboere, Chobe Bream Ek en Rici het lank met brahman-beeste geboer in die Tzaneen-distrik, maar in 2005 Kaap toe getrek en ’n vulstasie oopgemaak. Maar ek het die boerdery gemis. Ons het vriende in Botswana se Ghanzi-distrik en het daar gaan kyk na plase, maar die grond was te duur.

Ons het toe begin dink aan visboerder­y, al het ons niks van dié bedryf geweet nie. Met visboerder­y kan jy soveel meer proteïen produseer op ’n veel kleiner stuk grond. Dis meer intensief – amper soos ’n melkery wat 24 uur lank aandag verg. Jy moet dus ’n liefde hê vir die saak.

Hierdie stuk grond tussen Kasane en Kazungula was die regte plek om te begin. Eendag het ek vir Rici gesê ek haak nou my Conqueror-boswoonwa agter die Cruiser en ek ry Botswana toe. Dis hoe dit in 2013 begin het. Daai jaar het ek niks SuperRugby gekyk nie, net gewerk! Ons bly nog in die Conqueror hier agter in die bos op die eiendom, maar bou nou ’n huis. Hier is min misdaad. Vanaand los ek die sleutel in die Cruiser wanneer ek hom parkeer.

Hier is baie geleenthed­e in Botswana; jy moet net hard werk. Die voormalige president, Ian Khama, het vir my gesê toe hy na die visplaas kom kyk het: “You know, Pieter, we need more people like you in Botswana.” Tans lewer ons 3-5 ton vis per maand, maar ons wil dit oor sowat 5 jaar tot 50 ton verhoog. Die proteïenma­rk gaan net groei.

Ek kan ook nie sonder my vrou nie. Rici is die yster agter alles. As dit nie vir haar was nie, het ek lankal weggehol.

KOOP VIS Besoek Chobe Bream en koop vars vis vir die pan.

chobebream.com Waar? As jy van Kazungula na Kasane ry, lê die plaas op linkerhand, sowat 5 km van die Engen in Kazungula af.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa