Weg!

Tim Frayne

-

Sakeman, Kasane Ek het in Suid-Afrika grootgewor­d, maar het in 1996 in Kasane kom werk. In ’n stadium het ek by die Chobe Safari Lodge gebly en saans het die luiperds in my tuin se waterbak kom drink. Een aand was daar drié luiperds wat ’n hond gevang en in die tuin gevreet het...

Luislange is ook algemeen in die dorp. Een slag moes ons ’n 2 m lange luislang uit iemand se tuin red. Ons het hom in ’n stuk pyp laat inseil en toe op die bakkie gelaai en bos toe gevat – maar toe wou hy nie uitkom nie! Ons het uiteindeli­k die pyp daar gelos sodat hy op sy eie kon uitseil.

’n Ander keer het my vriend se dogter my kom roep: ’n Luislang het iemand se hond gevang. Dit was ’n hengse slang. Ek kon die hond uitkry, maar hy was ongelukkig al dood.

Ek het my vrou, Miriam, in Kasane ontmoet. Sy is van Slowakye en werk vir ’n toeragents­kap. Ons sesjarige seuntjie, Sam, gaan skool in Slowakye. Van die ander kinders in Kasane gaan na die laerskool net oor die grens in Vic Falls. Party word elke dag heen en weer gery, maar ander is in die koshuis. > KYK HOE DIE SON SAK Chobe Safari Lodge se Sedudukroe­g is een van die beste plekke vir ’n skemerkelk­ie in Kasane (en Tim se gunsteling; dalk ontmoet jy hom daar).

chobesafar­ilodge.com Waar? Aan die westelike punt van Kasane.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa