Weg!

Nicolas Simasiku

-

Gids, Pangolin Voyager Ek het langs die Chobe grootgewor­d. Ek woon op die Impalila-eiland aan die Namibiese kant en het al 16 jaar ervaring op die rivier.

Danksy my werk is ek elke dag buite in die natuur. Die olifante is my gunsteling­e om dop te hou omdat hulle sulke sosiale diere is. Dis ook goed om soveel mense van reg oor die wêreld te ontmoet wat almal hier na die Chobe kom om die diere te sien.

VAAR SAAM Sonsonderg­ang vaarte Dis dié klassieke dingo m te doen wanneer jy langs die Chobe kuier. Vaarte kos tussen P340-P410 (R463-R559) p.p., parktariew­e ingesluit. Die beste waarde vir geld is om die oggend saam met die lodge waar jy bly in die park op ’n begeleide wildrit te gaan, en dan die middag saam met dieselfde operateur die sonsonderg­ang vaart te doen, want dan betaal jy net een keer die parktarief.

Saam met ’n operateur is die parktarief P70 (R95) p.p., maar as jy in jou eie voertuig die park ingaan, kos dit P120 (R163) p.p. plus P50 (R67) vir jou kar. Fotovaarte Die Pangolin Voyager is duur, maar jy kry eksklusiew­e toegang tot die park.

Omdat jy op die rivier slaap, kan jy teen sonsopkoms (wanneer die lig op sy beste is vir foto’s neem) op die water wees in ’n kleiner bootjie (met Nicolas agter die stuur) en naby aan die diere en voëls kom.

Jy het ook deurentyd ’n fotografie­gids aan jou sy om te help met tegniese goed. Dit kos vanaf US$450 (R6 500) p.p.p.d. met als ingesluit, maar hulle bied ook oggend- en middagvaar­te vanaf US$130 p.p. (R1 874 – vir hierdie vaarte word kameras en lense verskaf).

pangolinph­oto.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa