Weg!

Sharon Nel

-

Bestuurder, Kubu Lodge

Ek en my man, Grant, is albei in Zim gebore, maar woon al 24 jaar in Botswana. Dis moeilik om nié van die leefstyl hier te hou nie. Kubu is een van die drie oorspronkl­ike lodges langs die Choberivie­r tussen Kasane en Kazungula. Dis al sedert 1985 oop. Ons wil graag goeie werksgelee­nthede skep – altesame 40 mense werk hier.

Die Kazungulap­ont net stroomaf van hier verteenwoo­rdig die ou leefstyl. Hulle is besig om ’n brug te bou en dié sal seker ’n nuwe era inlui. Maar nou ja, ’n mens kan nie vooruitgan­g keer nie – al sou jy dit ’n bietjie stadiger wou laat gebeur...

Die wilde diere is deel van ons leefstyl. Mense wat in ander dorpe of stede grootword, weet nie hoe om hulle te gedra naby wilde diere nie, en dis dán wanneer dit in konflik kan ontaard. Ons het al ’n leeuwyfie met kleintjies hier gehad, en soms ’n ou dagha boy, ’n buffelbul wat uit die trop gestoot is.

Dis spesiaal om van ’n boot op die Chobe af wild te kyk. Dis asof jy deel van die rivier word. Dis baie kalmerend, veral om die olifante wat kom water suip dop te hou.

BLY HIER Die Kubu Lodge het kampplek in ’n stuk oewerbos en 11 mooi chalets onder enorme bome – jy kan ook bespreek en by die restaurant kom eet.

reservatio­ns@kubulodge.net; kubulodge.net Koste Kamp kos P105 (R142) p.p. Kontak hulle direk vir ander pryse. Waar? In Kazungula – die afdraai is 1,9 km van die Engen en dit word duidelik gemerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa