Weg!

NOLLIE LAMBRECHTS

-

Nikon D7100 Sigma 150-600 mm-lens

TOAST SÊ: Nollie het ’n klomp mooi foto’s op Weg se fototoer deur Botswana geneem. Hy sal seker wonder hoekom ek dié een gekies het vir “Mense se lense,” maar dis omdat ’n mens hier waardering kry vir ’n voëltjie wat die meeste fotograwe gaan miskyk omdat hulle besig is om dieper in die bos na leeus en luiperds te soek.

Op Weg se fototoer bring jy nie elke liewe dag in ’n wildtuin deur nie. Sommige dae ry jy bloot van punt A na punt B, of span uit in ’n gawe kampterrei­n. Voëltjies is oral, en as jy wakker sit, gaan jy sommer langs jou tent besonderse foto’s kan neem, soos Nollie s’n hier van die rooibekvuu­rvinkie.

Goeie foto’s gaan nie oor waar jy is nie, maar oor wat jy raaksien. Jy kan ’n week lank in die Kruger rondry en honderde foto’s neem waarvan nie een spesiaal is nie. Of jy kan ’n agtermidda­g in die kampterrei­n rondstap – en iets ongewoons afneem bloot omdat jy die wêreld op ’n ánderster manier bekyk as die fotograaf langs jou. Dankie, Nollie, vir ánderster kyk! >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa