Weg!

HLULEKA-NATUURRESE­RVAAT

-

“Het jy alleen gery al die pad van die Kaap af?” sêvra Nikelwa Tom, die reservaatb­estuurder, toe ek opdaag. Ek weet wat sy eintlik bedoel: Sy wil weet waar my meisie is.

Nikelwa is trots op haar reservaat en jy sien gou hoekom. Die dubbelverd­iepingchal­ets is verbasend luuks vir so ’n afgeleë plek. Die chalets is op ’n koppie bo ’n mooi strand – jy voel soos een of ander filmster wat in ’n private oord bly.

Die reservaat het net ’n handjie vol wild soos duikers, blouape, dassies en bosbokke, maar jy is gewaarborg van ’n trop sebras tussen die chalets of op die graskoppe langs die strand. Nikelwa druk ’n kleurryke, handgeteke­nde kaart van die reservaat se staproetes en 4x4-paadjies in my hand. “Jy sal baie voëls sien, en die woude is vreeslik mooi,” sê sy.

En as ek klaar is, kan ek my skoene uitskop op die chalet se houtdek en soek na dolfyne en walvisse wat speel in die wye oseaan voor my. Nikelwa had gelyk, Hluleka is beslis die soort plek wat jy vir ’n geliefde wil wys.

STAPROETES

Jy kan maklik die hele dag net op en af langs die kuslyn stap. Hier is vyf kort staproetes – eintlik wandelpaad­jies (tussen 1,5 km en 2 km elk) – deur die woud. Kry ’n kaart en aanwysings by die ontvangska­ntoor, want die roetes is nie duidelik gemerk nie.

Vra ook vir die personeel oor die toestand van die paadjies, want as dit baie gereën het, kan dit ’n modderspul word!

Die Hluleka-roete is die naaste aan die chalets. Volg die pad agter die boonste chalet en wees op die uitkyk vir die roete se beginpunt aan jou linkerkant net verby die ou chalets. Die paadjie sluit aan by ’n grondpad (deel van ’n 4x4-roete) waar jy kan omdraai, of as jy die grondpad na links volg, kom jy ná sowat 1 km weer by die hoofgrondp­ad uit wat terug na die chalets lei.

Die meeste van die ander roetes is afdraaipaa­djies van dié grondpad af.

WAT NOG?

Hier is twee kort 4x4-roetes. Volg die pad aan die bokant van die chalets vir ’n uitsig oor die kuslyn noord van die hoofstrand. Wees ook op die uitkyk vir ’n trop sebras wat daarvan hou om op dié grasbedekt­e koppe te wei. Ná sowat 1,5 km bereik jy ’n grenshek, waar jy moet omdraai.

Die tweede roete begin net nadat jy die laagwaterb­rug oor die Hluleka-rivier oorsteek.

Hou jou oë oop vir die bord wat sê Management Road en volg dit woud-in. Hierdie paadjie is plek-plek toegegroei met takke wat alkante van jou bakkie sleep, maar as jy stadig genoeg ry, behoort dit nie krapmerke te los nie.

Hier kry jy ’n gevoel van hoe dig die woude in hierdie geweste werklik is. Ná sowat 2 km bereik jy weer ’n hek waar jy moet omdraai.

WEET VOOR JY WAAI

Waar slaap ek? Die sewe dubbelverd­iepingchal­ets het twee en suite-dubbelkame­rs. Die hoofslaapk­amer het ’n dubbelbed en die ander een het twee driekwartb­eddens. Die kombuis is ten volle toegerus (met yskas en gasstoof) en hier is ’n braaiplek. Koste Vanaf R476 p.n. vir 2 mense, R185 per ekstra persoon. Parktariew­e is R22 p.p. en R11 per kind per dag. Hoe kom ek daar? Hluleka is 85 km (sowat 2 uur) van Mthatha af. Ry met die R61 in die rigting van Port St. Johns en ná 37 km sal jy ’n bordjie aantref wat Hluleka se grondpad aandui. Van hier af volg jy die grondpad tot by die reservaat. GPS S31.826527 E29.299624 Wat pla? Die piekniekde­el by die strand kan doen met ’n opknap en ’n toilet, maar andersins is die geriewe puik. Kontak 043 492 0883;

visiteaste­rncape.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa