Weg!

DERYCK SALTER

-

van Hermanus vra: Ons het op ’n groot trop buffels afgekom op die H1-7 noord van die Shingwedzi-ruskamp in die Kruger. ’n Besoeker in ’n ander voertuig sê toe hulle volg die trop, want daar is ’n spierwit buffelkalf. Ons het hom moeilik geglo, maar nietemin gewag. En jou wrintie, hier verskyn die wit kalfie.

Die natuurlewe­kenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Die kalfie het leukisme. Albinisme is wanneer die liggaam geen pigmentasi­e het nie. Die ander opmerklike eienskap wat die twee toestande onderskei, is die kleur van die oë. By albinisme is die oë gewoonlik pienk of rooi (die gebrek aan pigment in die iris maak die bloedvate van die retina sigbaar). Die kalfie se oë is nie rooi of pienk nie en daar is ook kleur in sy neus, ore en kloutjies.

Daar is verskeie opinies oor die risikofakt­or vir leukisties­e diere. ’n Tropdier het waarskynli­k minder van ’n risiko as alleenlope­rs of diere in klein troppe.

Die abnormale kleur kan natuurlik ook roofdiere afskrik. Die teenargume­nt is dat diere kleure anders sien as ons en dat dit nie so ’n groot rol speel nie: As iets ruik en optree soos ’n rooibok, is dit ’n rooibok en dus ’n maaltyd!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa