Weg!

MADALEINE ERASMUS

-

van Kroonstad skryf: Ons het laatmiddag op hierdie toneel naby die Sweni-watergat op die S126 in die Krugerwild­tuin afgekom. Daar was geen ander roofdiere in sig nie; dus het ons aangeneem die berghaan het die steenbokki­e gevang. Toe ons stilhou, was daar geen teken dat aan die bokkie gevreet is nie. Die roofvoël het dadelik die pens oopgeskeur. Kan ’n berghaan ’n steenbok self vang?

Die voëlkenner LUKAS NIEMAND antwoord: Berghane is hoofsaakli­k aasdiere en is baie doeltreffe­nd om kleiner karkasse op te spoor. Hulle is gewoonlik van die eerste aasdiere wat by ’n vars karkas opdaag. Dis seker nie onmoontlik dat die berghaan die bokkie kon vang nie, maar hulle jag normaalweg kleiner soogdiere soos muise, hase en selfs muishonde. Ek raai die bokkie was reeds vrek en die berghaan het eerste opgedaag. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa