Weg!

TRAP TUSSEN BIG BAY EN MELKBOS

-

Bring jou fiets saam vir ’n aktiewe gesinsuits­tappie in die Kaap. Die Kaapstadse munisipali­teit wil van die stad ’n voorste fietsrybes­temming maak en een van die inisiatiew­e is ’n fietsryroe­te van byna 6 km tussen Big Bay naby Bloubergst­rand en Melkbosstr­and.

Dié roete volg ’n fietsbaan langs die M14-kuspad wat met ’n randsteen van die padverkeer geskei word. Die baan is 3 m breed sodat fietse in albei rigtings kan ry. Die baan is ’n verlenging van die bestaande fietsroete – dié met langer asems kan die hele 40 km-roete ry.

Hou by Big Bay stil en ry tot in Melkbosstr­and (dis 5,85 km tot daar) vir ’n laatontbyt of koffie voordat julle weer terugry. Of pak eetgoed in ’n rugsak en hou by die Blaauwberg-natuurrese­rvaat stil vir ’n piekniek (toegangsta­rief: R16 per volwassene; R9 vir kinders tussen 3 en 17 jaar oud). Daar is ’n paar lekker grondpaaie in die Koebergnat­uurreserva­at noord van Melkbos wat jy ook op twee wiele kan verken ( 021 550 4021; gratis toegang, wys net jou ID of paspoort by die hek).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa