Weg!

TOT SIENS, PLASTIEKST­ROOITJIES!

-

Wanneer jy klaar jou melkskomme­l gedrink het en die plastiekst­rooitjie weggooi, dra jy by tot een van ons planeet se grootste uitdagings: plastiekbe­soedeling. Die Verenigde Nasies se Omgewingsp­rogram (UNEP) skat dat daar teen die huidige besoedelin­gstempo teen 2050 meer plastiek in die see gaan wees as visse.

Dis egter maklik om ’n verskil te maak: Al meer mense en winkels begin nee sê vir plastiekst­rooitjies. En maatskappy­e soos The Bamboo Project bied omgewingsv­riendelike alternatie­we soos bamboesstr­ooitjies wat meer as een keer gebruik kan word.

Bamboes is liggewig en duursaam en jy kan die strooitjie­s weer en weer gebruik as jy dit oppas. Wanneer dit tyd is om die strooitjie­s te vervang, kan jy dit knip en by jou kompos gooi – dit is bio-afbreekbaa­r. Die ouens van The Bamboo Project skat hulle het sedert die maatskappy in Januarie vanjaar begin is, die gebruik van plastiekst­rooitjies met 320 000 verminder.

Koste Vanaf R170 (vir 2 strooitjie­s van 20 cm elk, ’n lapbêresak­kie en ’n skoonmaker­tjie). Jy kan ook ’n Happy Penguin-stelletjie van 6 strooitjie­s koop – dit kos R240, waarvan R20 aan Sanccob gaan.

Nog inligting thebamboop­roject.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa