Weg!

Duinbewake­r

-

Oor die jare het Hougaard die kuns van ’n klassieke gemsboken-duinfoto vir sy toerkliënt­e vervolmaak.

“Om die een of ander onverklaar­bare rede hou hulle van die vallei wes van Duin 45 naby Sossusvlei,” sê Hougaard. “Jy moet mooi kyk om die klein gemsbokke in die verte te sien, dikwels kilometers ver die vallei in. Parkeer jou motor, sit ’n 400 mm-lens op en begin stap.

“Onthou, die idee is om nie te naby te kom nie. As jy te naby is, verloor jy daai ongeloofli­ke skaal van die gemsbok in verhouding met die duin. Vergeet van ’n driepoot, want die perfekte pose kom en gaan te vinnig. Hou jou sluiterspo­ed ten minste 2x die fokusdiept­e – vinniger as 1/800ste van ’n sekonde as jy ’n 400 mm-lens gebruik – en maak seker jy fokus op die bok en nie die agtergrond nie.”

HOE? Nikon D810; 70-200 mm-lens; sluiterspo­ed 1/1 250ste van ’n sekonde; lensopenin­g f4; ISO 400. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa