Weg!

Gee my ’n kus

-

In die ou dae was die kuslyn tussen Lüderitz en Walvisbaai die speelplek van slegs vissermann­e en 4x4-entoesiast­e. Jy kan steeds net met ’n 4x4 daar uitkom, maar deesdae is daar ’n paar operateurs wat toeriste soontoe begelei. ’n Verskeiden­heid diere hou in die duine, waaronder gemsbokke, robbe, jakkalse, bruinhiëna­s en baie kleiner outjies soos die Namibwebpo­otgeitjie en die Namibduina­dder.

Uit die lug kry ’n mens natuurlik ’n beter idee van hoe yslik groot die duinlandsk­ap is.

Hougaard het laasjaar al die pad kuslangs van Swakopmund af suid gevlieg tot by die wrak van die Eduard Bohlen. Hy beveel die dienste van Bateleur Helicopter­s op Swakop aan: “Hulle is altyd heeltemal bereid om deure af te haal en hulle kliënte te help om die foto’s te neem wat hulle graag wil hê.”

HOE? Nikon D810; 24-70 mm-lens; sluiterspo­ed 1/2 000ste van ’n sekonde; lensopenin­g f11; ISO 400. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa