Weg!

Mooi het nie grense nie

-

Sonsopkoms oor die Kunenerivi­er, met Namibië aan die regterkant en Angola aan die ander kant.

Dis nie maklik om na die noordweste­like hoek van Namibië te reis nie. Jy kan ’n duur huurvlug reël tot by die landingstr­ook in die Hartmannsv­allei, of jy kan langs dié “pad” daar uitkom – mits jy ’n toegeruste 4x4 en ’n paar avontuurlu­stige vriende het.

Jou beloning is ’n landskap sonder weerga, waar berge en duine bymekaarko­m met die groen slangetjie van die Kunene tussenin. Buiten ’n paar afgeleë Himba-nedersetti­ngs is hier nie ander mense te sien nie. Dis een van die mees afgesonder­de plekke op aarde.

HOE? Nikon D810; 16-35 mm-lens; sluiterspo­ed 0,6 sekondes; lensopenin­g f14; ISO 200; saamgestel uit drie foto’s. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa