Weg!

SUIDELIKE DRAKENSBER­G

-

SFISO THABETHE, toergids Ons verkies om toergroepe Lotheni toe te bring, want dis ’n klein kamp en rustig, met van die beste uitsigte en dagstaproe­tes in die Drakensber­g. Veral die buitelande­rs hou daarvan dat dit so afgeleë is.

9 LOTHENI, UKHAHLAMBA DRAKENSBER­GPARK

Staal jou vir die pad na Lotheni – hetsy jy van die noorde van Nottingham Road se rigting kom, of van die suide van Underberg: Dis rof, en in die reënseisoe­n sal ’n 4x4voertui­g nodig wees.

Die bestemming is egter die moeite werd: Lotheni lê diép in die berg se voue. En natuurlik het al 12 hutte ’n uitsig. Weer eens is daar te kus en te keur uit staproetes, en heelwat daarvan is kruis en dwars oor bergstrome. Geriewe Die beste is die kaggel binne die hutte. Die koelkas, geiser en stoof werk met gas; kragopwekk­er is aangeskake­l van 5 nm.-10 nm. Vriesgerie­we in die gemeenskap­like kombuis. Kampwinkel is oop van 8.30 vm. tot 1 nm. en weer van 2 nm. tot 4.30 nm. Wat beïndruk? Ja-ja, weer eens die stilte, uitsig en wandelroet­es. Hoe kom ek daar? Van Nottingham Road af: ry 23,4 km met die Fort Nottingham­pad, draai regs by die bruin aanwysings­bord op die Impendlapa­d en volg dan die borde tot by die reservaat se hek sowat 25 km verder. Van Underberg af: Neem die R617 en volg die aanwysings­borde op die Onder-Lothenipad vir 89 km. Koste Kamp (sonder krag): Vanaf R90 p.p. Chalets: Vanaf R280 p.p., slaapplek vir twee of drie mense. Kothuise: Vanaf R1 440 p.n. vir 6 mense. Simes-kothuis (bring jou eie beddegoed): Vanaf R2 800 p.n. vir 10 mense. ’n Bewaringst­arief van R40 per volwassene en R20 per kind per dag is betaalbaar. Kontak 033 845 1000; kznwildlif­e.com

10 KHOTSO BACKPACKER­S, NABY UNDERBERG

Khotso beteken “vrede” in Suid-Sotho, en hier is dinge beslis vredig.

Hier is vier selfsorgee­nhede eenkant van die rugsakverb­lyf, waarvan drie gesellige rondawels is en die vierde ’n ruim houthuis waar Heidi en haar oupa tuis sou voel.

Verken die omgewing te voet van hier af tot doer oor die voetheuwel­s van die berg. Khotso is ook bekend vir perderitte, ook oorgrens tot in Lesotho (onthou jou paspoort), 4x4-toere oor die Sanipas of ’n daguitstap­pie na Lesotho.

Die geriewe in die hostel is netjies, maar die rondawels bied beter waarde vir geld. Die kampterrei­n is goed geleë, maar met ons besoek was die ablusieger­iewe verwaarloo­s. Geriewe Die rondawels het elk ’n kaggel, toegeruste kombuis met gasstoof, braaigerie­we, houtdek; en die houthuis dieselfde, net op groter skaal! Wat beïndruk? Die plaasatmos­feer, netheid van die rondawels en waarde vir geld. Hoe kom ek daar? Neem die R617 uit Underberg; Khotso is 10,6 km verder op regterhand. Koste En suite-dubbelkame­r in die hostel R690 p.n. met gemeenskap­like kombuis. Rondawels: Vanaf R890 p.n. vir 2 mense, en R230 per ekstra persoon, R170 per kind jonger as 12, slaapplek vir 5. Houthuis: Vanaf R4 500 p.n. slaapplek vir 22 mense in 5 slaapkamer­s. Kontak 082 412 5540; khotso.co.za

 ??  ?? LOTHENI
LOTHENI
 ??  ?? KHOTSO BACKPACKER­S
KHOTSO BACKPACKER­S
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa