Weg!

Waar jy BMW’s én buffels in die strate kry D

- WOORDE EN FOTO’S TOAST COETZER

Op Botswana se noordelike safaridorp, Kasane, woon mense sy aan sy met gevaarlike diere. As toeris is dit eksoties – ’n foto of

twee werd – maar hoe voel dit om elke dag só te lewe?

is Maartmaand en omtrent elke middag net ná twee bars die hemel bo Kasane oop met oorvloedig­e, warm somerreën. Vlakvarke vleg deur die verkeer in die hoofstraat voor die Spar. ’n Man (doenig op sy selfoon) systap ’n waterplas en dan ’n vlakvark, klim in sy BMW en ry straataf. Agter die dorp steek ’n trop olifante die deurpad tussen die grensdorp Kazangula en die Chobe- nasionale park oor. In die agtergrond, wakend oor Kasane se vullishoop, rol ’n honderd maraboes hulle oë: Vir hulle is dit niks nuuts nie.

Dalk wil die olifante gaan water drink in die Choberivie­r. Hoewel Kasane deesdae snel uitbrei (nuwe winkels, ’n Nando’s, ’n derde mall...) is hier steeds ’n paar gangetjies oop waardeur die olifante (en saans: buffels) kan beweeg om by hulle gunsteling­rivier uit te kom.

Dis skaars 12 km van Kazungula (waar die bedrywige grensposte met Zambië en Zimbabwe geleë is) tot by Kasane se westekant, waar die dorp aan die Chobe- nasionale park grens. In hierdie 12 km is lodges, winkelsent­rums, plase en woongebied­e én wilde diere. Die druk op die diere neem toe, en met die bou van die nuwe brug oor die Zambesiriv­ier (dis nog nie klaar nie), het die twee dorpies se bevolking vinnig gegroei.

Maar vir nou bly Kasane (en Kazungula) een van die wildste dorpe in Botswana – selfs al kan jy met ’n Hyundai i20 tot hier ry. Ja-nee, jy stap nie sommer snags rond in Kasane nie – ek het een aand langs die hoofstraat amper in ’n seekoei vasgeloop. En jy moet gedurig aan krokodille dink as jy naby die rivier staan.

Kom ontmoet van die inwoners wie se dag soms begin met leeus wat ’n buffel in hulle straat vreet...

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa