Oreil­we N­do­lo

Weg! - - Dorp Van Die Maand Kasane -

Pre­si­dent van die Ka­sa­ne-BMW-klub Ek het op Na­ta groot­ge­word en werk by die de­par­te­ment van wa­ter­wer­ke. Ons het die BMW-klub in 2017 ge­stig. Dis ook ’n ge­meen­skaps­pro­jek waar­mee ons i­tems soos kle­re of seep skenk. Ons het tans so­wat 20 le­de – jy moet na­tuur­lik ’n BMW hê om lid te wees!

Duit­se kar­re is die bes­te, en mak­lik om te on­der­hou. Die per­sep­sie is dat ou­ens wat ’n BMW be­stuur, net vin­nig wil ry – maar ons wil dit ver­an­der.

Ek het my BMW – dis my twee­de – laas­jaar in Fran­cistown ge­koop vir P65 000 (R87 000). Hy’t nou 95 812 km op die klok. Baie van die twee­de­hand­se BMW’s word in­ge­voer en kom eers na Suid-A­fri­ka deur die Dur­ban­se ha­we voor hul­le in Botswana her­ver­koop word.

RY JY ’N BMW? Kon­tak vir Oreil­we by on­do­lo@wuc.bw SAFARIVOERTUIE. Le­de van die Ka­sa­ne BMW-klub po­seer by hul­le kar­re by die “Seep” langs die C­ho­be­ri­vier tus­sen Ka­sa­ne en Ka­zun­gu­la. Die klu­b­pre­si­dent, Oreil­we N­do­lo, is der­de van regs. Die “Seep” is ’n ge­wil­de plek om ná werk met jou kar te kom par­keer en af te koel (maar wees op die uit­kyk vir buf­fels en kro­ko­dil­le!)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.