Weg!

Sue Burnie, Chris du Plessis en Anna van Wyk

-

GEE TOE AAN ALS WAT GROTER AS JOU KAR IS (hooffoto). ’n Trop olifante steek die hoofdeurpa­d oor wat agter Kasane verbyloop en die Chobenasio­nale park verbind met die nabygeleë grensdorp, Kazungula.

Hierdie drie sibbe het in die omgewing grootgewor­d. Anna en haar kinders bedryf Thebe River Safaris op Kasane terwyl Sue op Pandamaten­ga woon, en Chris in Gaborone werk. Chris: Ons is in Suid-Afrika gebore, maar ons ouers het in 1954 Kazungula toe getrek toe ons klein was. Ons pa, Kruger du Plessis, of Doep soos die Engelse mense hom genoem het, en ma Anna het ’n rysprojek bestuur langs die Zambesiriv­er naby die Botswana-Zimbabwegr­enspos – dis waar ons huis ook was. Die rys het goed geaard, maar die voëls, veral eende, en seekoeie het dit vernietig. Anna: Hulle was entreprene­urs en het ná die rysprojek ’n netwerk van winkeltjie­s begin. Hulle sou krokodilve­lle koop, of droë vis, en dit op die mark in Livingston­e gaan verkoop. My pa het ook wyd gereis om beeste te koop... Sue: ... wat dan tot by Kazungula gebring is waar hulle deur die Zambesiriv­ier na Zambië moes swem! Hulle is dan verder geneem na die slagpale in Livingston­e. Anna: Dit was iets om te aanskou – mans in mokoro’s het die beeste op koers gehou terwyl hulle swem. Chris: Soms het die krokodille ’n bees of twee gevang. Anna: Of net ’n stert afgebyt! In die vroeë 1960’s het ons getrek na Serondela, daar waar die piekniekpl­ek in die Chobe- nasionale park vandag is. Die park is in 1967 geproklame­er, en toe moes ons weer trek. Maar die jare by Serondela was besonders. Daar was twee strate. Op die oewer was vakansiehu­ise wat aan mense van Bulawayo behoort het. Dit was bekend as Whiskeystr­aat. Ons huis was in die enigste ander straat: Ginstraat 1.

Daar was net drie gesinne wat permanent daar gewoon het. Langs ons het ’n oom Ledeboer, die bosbouer, gebly. Hy het net een arm gehad. Ek dink ’n leeu het sy arm afgebyt, maar ek is nie seker nie. Dan was daar die Loizides, ’n Griekse gesin. Chris: Hulle was eintlik van die eiland Ciprus. Hulle het ook winkels bedryf. Anna: Dit was ’n vakansiepl­ek in daardie jare, maar net voor ons daar was, was dit ’n saagmeule. Chris: Ons het in die Choberivie­r geswem en leer ski. Daar was destyds minder krokodille en seekoeie weens al die jagtery. Sue: Dit was nie heeltemal veilig nie, maar ons het daai kans gevat... Chris: Jy het vínnig leer ski – jy’ t skaars geval of jy was weer op!

BLY HIER Thebe River Safaris het kampplek en netjiese kamers, asook ’n gawe restaurant waar jy dalk vir Anna en haar kinders, Franci, Jannie en Louis, kan ontmoet. Koste Kamp kos P125 (R168) p.p. en kamers vanaf P2385 (R3214) per nag vir 4 mense wat deel, met ontbyt ingesluit. Die nuwe, luukse lodge (op dieselfde perseel) is ook nou oop – doen navraag.

theberiver­safaris.com Waar? As jy van Kazungula af ry en regs draai op die hoofpad na Kasane, lê Thebe sowat 400 m verder, op regs langs die Choberivie­r.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa