Weg!

Michael Hehir

-

Direkteur, River View Lodge Ek het op die myndorp Selebi Phikwe grootgewor­d, maar ons gesin het in Kasane vakansie gehou. Ons het altyd dieselfde kamers bespreek by Chobe Safari Lodge – nommer 19 en 20. Destyds was die pad van Phikwe na Kasane nog nie geteer nie en dit het twee dae gevat om hier te kom. Dit was ’n wilde tyd... Ons het in die Choberivie­r geswem en een keer selfs geval skermsweef seil al langs die Chobe!

’n Familie gebande muishonde kom bly soms vir ’n paar dae of selfs weke onder die dek langs die swembad by River View Lodge. Hulle grawe heeldag wurms en goggas uit om te vreet. Verder stap bosbokkies in die tuin rond, partykeer ’n waterlikke­waan of twee – en soms kom die olifante verby. En jy hoor gedurig >

seekoeie, en snags roep die nagapies. Kasane is deesdae ’n bestemming vir enigiemand: van sakereisig­ers tot oorsese toeriste tot SuidAfrika­anse selfrytoer­iste. Party van die wildkykbot­e het selfs Wi-Fi!

BLY HIER Die River View Lodge bied ruim akkommodas­ie langs ’n stil deel van die Choberivie­r.

riverviewl­odgechobe.com Koste Dit kos vanaf R4 930 p.n. vir 4 mense wat die gesinseenh­eid deel, met ontbyt ingesluit. Kinders 12 jaar en jonger kry afslag. Hulle het ook pakkette wat goeie waarde bied: Teen R1 880 p.p.p.d. (wat deel) word etes ingesluit, en teen R2 860 p.p.p.d. (wat deel) word etes plus ’n oggendwild­rit in die Chobe én ’n sonsonderg­ang vaart op die rivier ingesluit.

Van 1 Desember to 31 Maart is dit lae seisoen: Doen navraag oor afslag in hierdie maande. Waar? Die afdraai (na regs) is 1,7 km van die Engen op Kazungula af en word duidelik aangedui.

 ??  ?? IN DIE GESELSKAP VAN GROTES. Sharon Nel by ’n enorme peulmahoni­eboom wat langs die Kubu Lodge se woudwandel­paadjie gesien kan word.
IN DIE GESELSKAP VAN GROTES. Sharon Nel by ’n enorme peulmahoni­eboom wat langs die Kubu Lodge se woudwandel­paadjie gesien kan word.
 ??  ??
 ??  ?? OU HANDE. Michael Hehir (foto bo) van die River View Lodge in Kazungula. Mark van der Walle (onder) hou hier ’n nagapie vas by die Centre for the Conservati­on of African Resources: Animals, Communitie­s & Land Use in Kasane.
OU HANDE. Michael Hehir (foto bo) van die River View Lodge in Kazungula. Mark van der Walle (onder) hou hier ’n nagapie vas by die Centre for the Conservati­on of African Resources: Animals, Communitie­s & Land Use in Kasane.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa