Weg!

Mark van der Walle

Medestigte­r van Caracal (Centre for the Conservati­on of African Resources: Animals, Communitie­s & Land Use)

-

Ek het in 1982 van Suid-Afrika na Botswana gekom om navorsing te doen by Savuti en teen 1995 op Kasane begin werk. Ek het my vrou, Kathleen Alexander, rondom dieselfde tyd ontmoet. Sy was die senior veearts in die land. Ons het ’n ruk lank in die ou veldwagter­shuis, wat uit 1965 dateer, in die Chobe- nasionale park gewoon. Mense het gereeld weesdiere na ons gebring. Dikwels vrek die ouers – dalk in ’n motorongel­uk – en die kleintjies is haweloos. Ons het onder meer jagluiperd, hiëna, wildehond, bosbok, reuse-ooruil, maraboe, buffel en sebra in ons agterplaas gehad.

Ons het besef dié diere het enorme opvoedkund­ige potensiaal. Sodra mense na die diere kom kyk, het jy hulle op die regte plek om hulle vooropgest­elde idees oor wilde diere te verander. Ons het toe C a ra c a las’ n nie regerings instansie begin. Ons pas diere op wat nie weer in die natuur vrygelaat kan word nie – hulle word ambassadeu­rs vir hulle spesie. Met die onlangse skoolvakan­sie het meer as 3 000 skoolkinde­rs van reg oor Botswana ons besoek. Ons het klubs by 12 laerskole in die omgewing en bied elke week omgewingsl­eer klasse aan.

Caracal is op Kasane, maar ek en Kathy woon naby in Kazungula. Dis wonderlik om tussen wilde diere te woon – die enigste ander plek wat soortgelyk is, is Skukuza in die Krugerwild­tuin. Maar as Kasane en Kazungula teen die huidige tempo groei, sal dinge verander – die diere sal nie bly nie. Hulle het deurgange geskep vir die diere om deur die beboude gebiede te beweeg na die rivier, maar niemand het die diere daarvan vertel nie. Hoe moet hulle dus weet waar om te loop?

By Caracal was daar in ’n stadium ’n jong waterbok en bosbok in ’n kamp. Een naweek bel ’n personeell­id en sê hy staan in die kombuis en hier buite sit ’n luiperd en kyk vir hom! Die luiperd het onderdeur die heining gegrawe en die bosbok gevang en opgevreet. Ons kon die luiperd uitkry, maar toe kom hy daai selfde aand terug... en vang die waterbok ook!

LEER OOR DIERE Selfbegele­ide toer: P35 (R47) p.p. (halfprys vir kinders jonger as 12 en gratis vir 6 jaar en jonger). Begeleide toer: P65 (R88 p.p., afslag vir kinders). Jy hanteer onder meer diere soos ’n luislang en ’n nagapie. caracal.info Waar? Aan die westekant van Kasane loop ’n teerpad teen die heuwel op in die rigting van die pad wat na die lughawe en Chobeparkh­ek lei. Caracal is halfpad teen die heuwel op linkerhand. >

 ??  ?? BENE REK. Op Saterdae in Kasane is sokker die groot attraksie, veral as die Kazungula Young Fighters die Satau Hungry Lions aanvat. Hier doen Biki Letuwane, Kushushe Peto en SK Seikano strekoefen­inge. Hulle speel vir die Kazungula Young Fighters. Die sokkerveld is oorkant die pad van Thebe River Safaris.
BENE REK. Op Saterdae in Kasane is sokker die groot attraksie, veral as die Kazungula Young Fighters die Satau Hungry Lions aanvat. Hier doen Biki Letuwane, Kushushe Peto en SK Seikano strekoefen­inge. Hulle speel vir die Kazungula Young Fighters. Die sokkerveld is oorkant die pad van Thebe River Safaris.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa