Weg!

WAT SÊ DIE LESERS?

Die lesers Lambert en Ans-Mari de Wet van Stellenbos­ch het in April vanjaar vakansie gehou by Hluleka.

-

Die huisies is besonders. Elke slaapkamer het ’n badkamer met ’n enorme bad en instapstor­t. Die boonste slaapkamer is in in ’n klas van sy eie – dêps dit vroegtydig as julle saam met vriende reis.

Die sitkamer het ’n skuifdeur wat na ’n dek oopmaak. Hier is ’n TV met DStv, maar skaam jou as jy in so ’n mooi plek sepies wil kyk!

Die huisies word elke dag ongeveer 10 vm. deur die vriendelik­e personeel gediens; dus hoef jy jou nie eens oor die skottelgoe­d te bekommer nie.

Hier is ’n klein winkel net buite die reservaat met ’n paar koeldranke en lekkers.

Ongeveer 5 km van die hek af is ’n groter winkel met ’n wyer verskeiden­heid produkte, maar steeds veel minder as wat jy sal verwag van jou naaste BP-vulstasie. Bring dus alles saam – ook drinkwater.

STAP DIÉ ROETES

Die Wildekus is besaai met een- en tweespoorp­aadjies én beespaadji­es. ’n Mens kan basies van Port Shepstone tot by Koffiebaai stap!

Hier’s twee langer roetes wat ons van Hluleka af kon gestap het.

ROETE 1 Stap noord tot by die 4x4-hek – dis gemerk op die kaart. Anderkant die hek kronkel ’n tweespoorp­ad na regs tot by die kus.

Die pad loop dood, met ’n enkelspoor­paadjie wat strand toe loop (S31.810994 E29.320201). Die beste roete terug is oor die rotsagtige kus tot by ’n enkelspoor­pad wat teen ’n heuwel uitklim.

Jy stap dan al op die koppe tot weer by Hluleka se hoofstrand. Die roete is ongeveer 7 km lank.

ROETE 2 Stap suid met die grondpad na die staphutte toe. Dié hutte is onlangs opgeknap en het elektrisit­eit en warm water. Hopelik is dit binnekort oop vir die publiek.

Stap van die hutte af strand toe. Hou strandlang­s tot by ’n soort rotsvlakte in die verte. Net anderkant dié rotsvlakte is ’n tweespoorp­ad teen die heuwels op. Hou op die pad en stap bo-op die heuwels tot by die Mtakatyi-rivier – jy sal die Mtakatyi Umlambo Lodge in die verte sien.

Van dié pad af kan jy afdraai na links na ’n ongerepte strandjie (S31.849151 E29.281131) toe. Net anderkant die afdraai na dié strandjie kom jy by ’n kruising – hou hier links om tot by die rivier te kom. Jy sal jou swembroek moet aantrek of hoop hier is ’n plaaslike entreprene­ur om jou oor te roei. Dit kos R20 p.p. Ons moes ongelukkig omdraai, maar van hier af kan jy aanhou stap tot by Presleybaa­i en verder.

Lambert-hulle het ook in die Dwesa-natuurrese­rvaat gebly. Besoek hulle blog by anavahi.com vir nog foto’s en inligting. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa