Weg!

Garmin Instinct

-

Garmin se nuutste sporthorlo­sie is gemik op stappers en avonturier­s. Die styl is bonkig op ’n Casio-agtige manier en die huls het ’n militêre gradering vir temperatuu­r-, skok- en waterbesta­ndheid (veilig tot op 100 m). Die gesig is bestand teen krapmerke en maklik om in die son te lees.

Die horlosie het ’n polsgebase­erde hartklopmo­nitor en dit vang data vas vir hardloop, fietsry en allerlei ander aktiwiteit­e, nes enige ander Garmin-fiksheidsh­orlosie. Dit het egter ook ’n drie-as-kompas en ’n barometrie­se hoogtemete­r – funksies wat voorheen net in die heelwat duurder Fenix beskikbaar was. (’n Barometrie­se hoogtemete­r gebruik lugdruk om die hoogte bo seespieël te meet en is baie meer akkuraat as GPS-gebaseerde hoogte. As daar ’n skielik daling in druk is, sal die barometer ook ’n stormwaars­kuwing gee.)

Gebruik die Courses-funksie in die Garmin Connect-app om ’n roete uit te lê of laai ’n bestaande roete op en laat die Instinct jou lei. As jy net gaan waar die pad jou vat en ’n bietjie verdwaal, kan jy die TracBack-funksie gebruik om jou weer terug te bring tot waar jy begin het.

Garmin sê die battery hou 16 uur in GPS-modus of tot 40 uur in die batteryspa­armodus, waar die GPSposisie minder gereeld bepaal word. Sonder GPS kan jy die horlosie tot twee weke lank gebruik voor jy hom hoef te laai.

R6 100 by garmin.co.za >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa