Weg!

5 ADDO AFRICAN HOME AFSTAND VAN ADDOHOOFHEK AF 15 KM

-

Kom hou safari in die Oos-Kaap en slaap in ’n tent wat lyk soos iets uit Out of Africa – muskietnet en al!

By Addo African Home kan jy kamp sonder om ’n tentpen in te slaan: Hier is twee stewige gemeubilee­rde seilsafari­tente ( ja, jy het selfs ’n bedkassie en -lampie), elk met slaapplek vir tot vyf mense. Jy kan kies of jy ’n dubbelbed en driekwart-enkelbedde­ns of tot vyf enkelbedde­ns wil hê. Dis ideaal vir ’n familiekui­er om Pa se 60ste te vier.

Anders as in ’n groot kampterrei­n hoef jy nie hier ’n ablusieblo­k met vreemde mense te deel nie: Elke tent het sy eie badkamer met ’n toilet en stort in die gebou langs die tente. Dié gebou huisves ook die gemeenskap­like kombuis, wat die tentgaste deel met dié wat in die gastekamer­s bly.

Die ruim kombuis het alles wat jy nodig het om kos te maak – as jy nie buite by julle tent braai nie – en die lang etenstafel vra vir kaartspeel en kuier tot láát.

Kom koel na julle dag van olifante soek af in die organiese swembad: Dit beteken natuurlike plante doen die werk van chloor en ’n Kreepy Krauly.

Hier is ook rondawels (slaapplek vir tot drie mense) en ’n luukse lodge, en jy kan saans aansit by die Molo Lolo-restaurant as jy lapservett­e bo ’n nat lappie verkies. Dié restaurant is ook ’n kookskool waar Suid-Afrikaaans­e en Franse studente saam by ’n Franse sjef leer en die spyskaart het Franse en Suid-Afrikaanse geregte. Die koedoefile­t (R195) is gewild in seisoen.

Koste Tente: R288 p.p., tot vyf mense per tent. Dubbelkame­r in die huis langs die tente: R850 p.n. Rondawel: R1 095 p.n. vir twee mense. Lodgekamer: R1 335 p.n. vir twee mense.

Waar? Caesarlaan, Addo. Langs die R335, net sowat 2 km van Addo af. As jy van Port Elizabeth se kant af kom, ry jy verby die afdraai na die R336, en net daarna draai jy regs. Volg die borde.

Wat nog? Lus om jou ghrênd te hou met ’n wynproe? Die restaurant bied ’n wynproe deur ’n profession­ele sommelier aan teen R220 p.p., wat peuselhapp­ies insluit wat by elke wynsoort pas. Julle proe aanvanklik “blind” en vind eers aan die einde uit watter wyne die beste gevaar het. Bespreek vooraf.

Wat pla? Nie veel nie. ’n Ordentlike skerp mes in die kombuis sou wel nuttig gewees het.

Kontak 042 233 1244; addoafrica­nhome.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa