Weg!

MENSE SE LENSE

-

’n Skaars baardaasvo­ël, ’n netjiese luiperd in ’n boom, stersleeps­els en ’n breëkopare­nd wat... nesbou! Dis maar net enkele van hierdie maand se verstommen­de lesersfoto’s.

Canon EOS 1Dx

Canon 500 mm-lens met ’n 1.4x-omsetter

ELMAR SKRYF: Ek het hierdie foto van ’n onvolwasse baardaasvo­ël by Giant’s Castle se aasvoëlsku­iling geneem. Ek het vier dae agtereenvo­lgend die skuiling besoek en gehoop dat een van dié besonderse voëls my met ’n landing sou bederf.

Op die laaste oggend het alles in plek geval. Ek hou veral van die simmetries­e postuur van die voël op die foto.

TOAST SÊ: Vier dae in ’n ry! Dís nou toewyding! Soms is daar geen ander manier nie. Jy weet presies watter foto jy soek. Jy is reeds op die regte plek. Nou moet jy geduldig wees, en wag...

Die baardaasvo­ël is nie sommer enige aasvoëlspe­sie nie – dis verreweg ons mees bedreigde aasvoël. Vir konteks: In 2019 se Wêreldbeke­rrugbybyee­nkoms is in totaal 285 drieë gedruk.

Na raming is daar slegs sowat 320 baardaasvo­ëls (ook lammergeie­rs genoem) oor in Suid-Afrika en Lesotho, waar hulle in die pieke van die Drakensber­g en Maluti hou.

Dié voël se gespreide vlerke is perfék; ikonies. Dis soos iets wat hoort op ’n landswapen (dalk vir een van die koninkryke in Game of Thrones?). Die lig val van voor, wat belangrik is omdat die voël donker van kleur is. Daar is nou detail sigbaar in alles van die kloue tot die gesig.

Geluk, Elmar, jy wen hierdie maand die Weg- kamerasak!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa