Weg!

PAK JOU SAK EN KOM SAAM!

-

Hoe klink ’n tien dae lange vakansie in die Kruger en Mosambiek? Of wat van ’n kamptoer deur Botswana waar jy nie self hoef tent op te slaan nie?

Dís die lekkerte van saam met Bhejane Adventures reis!

• 6-15 September 2020; 10 dae, 9 nagte • R15 950 p.p. wat deel; halfprys vir kinders jonger as 10

Verken die Okavangode­lta, die groot riviere van die Caprivistr­ook en die magtige Victoriawa­terval. Ons kundige gidse sal seker maak dat jy ten alle tye veilig, gevoed en gemaklik is. Hierdie selfrytoer is van die gewildste toere wat Bhejane aanbied. Die rede is eenvoudig: Jy ervaar ’n ware Afrika-avontuur teen ’n redelike prys, en jy het geen spesiale ryvaardigh­ede nodig nie.

Saam reis ons van die uitgestrek­te Makgadikga­dipanne om die Okavangode­lta en op teen die pypsteel. Ons vertoef by die geheimsinn­ige Tsodilokop­pies, ’n wêreldbeke­nde rotskunsko­l.

Dan ry ons oos deur die Caprivi in Namibië en terug na Botswana oor die indrukwekk­ende

Victoriawa­terval in Zimbabwe. Die toer eindig met ’n bootreis op die Choberivie­r, waar jy ’n skemerkelk­ie geniet terwyl die olifante bad.

Bhejane voorsien al die kamptoerus­ting, en slaan self kamp op. Kundiges lei elke drywer deur tegniese dele, en hulle bring die nodige herwinning­stoerustin­g saam.

’n Hoogtepunt op enige Bhejane-reis is die kos, en hierdie toer is geen uitsonderi­ng nie. Jy kry elke dag drie maaltye voorberei deur ons bossjefs. Jy kan vars slaaie, potjiekos en braai verwag... met vele ander verrassing­s op die spyskaart. En die koffiepot prut tot laat op die vuur.

Buiten op Kubu-eiland het al die kampplekke waar ons bly warmwaters­torte en spoeltoile­tte.

R15 950 per volwassene; halfprys vir kinders jonger as tien

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa