Weg!

Geestestea­ter

- REDAKTEUR PSteyn@media24.com

Een van die dinge in hierdie onsekere tyd wat soos ’n kameelperd op ’n kaal vlakte uitstaan, is dat ons nie weet wat die toekoms inhou nie. Indien ons te veel tob oor ’n toekoms waaroor ons geen beheer het nie, verval ons maklik in iets wat een van my slim universite­its professors “geestestea­ter” gedoop het.

Angs en onsekerhei­d veroorsaak dat ons allerlei ongegronde aannames maak, en ons bou voor ons geestesoog ’n wêreld wat nie bestaan nie. Die prof het nie gesê ons moet nooit planne maak nie, maar eerder gemaan dat ons nie vasgevang raak in ’n donker plek wat ons energie en optimisme blus nie.

Ek probeer my dus by die hede bepaal. Maar dis moeilik! Totdat ek Toast Coetzer se storie oor Copperton lees (bl. 38) en wat Lettie de Jager te sê het oor haar grootwordj­are in die jare dertig: “Ek is in die Depressie gebore, en ek is daardeur. Ons het nie klere gekoop nie, jy het als self gemaak. Wanneer ons skaap geslag het, het ons die vet bymekaarge­maak, dan maak my ma seep. Sy het die seep verkoop en met daardie geld is ek en Boetie deur die skool gesit.”

Mark Twain het blykbaar gesê die geskiedeni­s herhaal homself nie, maar dit rym wel.

Vir Lettie en haar familie is die wêreld deur depressie en oorlog verwoes en daarna het hulle stuk-stuk aan ’n beter een gebou.

Dit is wat ons nou moet doen.

Vroeër vanoggend dwing ek myself om wakker te lê sodat ek kan luister na die gevlekte ooruil wat in die olienhoutb­oom agter ons huis na ’n maat roep. Later sit ek buite in my “tuinkantoo­r” en werk, en my aandag word afgelei deur jangroentj­ies wat tussen die pers blomme van die saliebosse baljaar. Ek hou hulle tien minute lank deur my verkyker dop, die beste verskoning om vir ’n ruk op te hou werk.

In dié uitgawe gesels Toast met Willem Frost, ’n afgetrede bankier en eienaar van die Matlabas Game Lodge in Limpopo oor serene- oomblikke in die buitelug (bl. 54). “Die natuur sit jou oombliklik in ’n ander gemoedstoe­stand en jy’s skielik nie bekommerd oor al die dinge wat verkeerd loop in die wêreld nie,” sê Willem.

Vandeesmaa­nd se uitgawe is ’n oorwinning opgedra aan die genesende krag van die natuur, of ’n mens nou deur die Sederberg se Wolfbergsk­eure stap, oor die wye Siberiese vlaktes reis, die Erongoberg verken, deur die veld stap en bome bewonder saam met iemand soos Willem… of net voëltjies in jou tuin kyk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa