Weg!

Maan voel vere vir sosiale afstand!

-

Dit lyk asof die maan vandeesmaa­nd min gepla is om enige sosiale afstand te handhaaf! Oor twee weke doen die maan vyf planete aan en jy kan al hierdie “besoeke” met die blote

oog waarneem.

Dis ’n lekker projekkie om aan te pak. Wees egter gewaarsku: Jy gaan ’n paar uur se slaap inboet, en die laaste skof gaan fyn kyk verg.

Die eerste besoek is dúidelik! Op 8 Junie beweeg Jupiter, Saturnus en die groeiende maan nader aan mekaar totdat al drie binne 6° van mekaar af is.

Dit hang af van waar in Suid-Afrika af jy kyk, maar die maan begin van 9 nm. van die ooste af na dié posisie beweeg.

Die koukusgroe­pie is op sy mooiste teen slaaptyd – hier rondom 10.30 nm., want dan poseer hulle in ’n mooi driehoek vir ’n foto.

Vir die kuiertjie by Mars moet jy heelwat later wakker bly. Op 13 Junie, vanaf 1 vm. se kant, kom Mars en die derdekwart­iermaan in die ooste op, sowat 21/2° uitmekaar. Mars is nie baie helder nie, maar herkenbaar vanweë sy rooi kleur.

Die laaste twee besoeke is met sekelmaan – dis vir ’n korter tydjie sigbaar en vind nader aan die horison plaas. Wees dus gereed!

Let in albei gevalle op die sigbaarhei­d van die donker deel van die maan, in die “arms” van die sekelmaan. Dié beligting word “aardskyn” genoem. Dit is sonlig wat die aarde terugkaats na die maan toe.

’n Pragtige prentjie ontvou vroegoggen­d – ’n driekwartu­ur voor sonsopkoms – op die oostelike horison op 19 Junie. In die middel sit die sekelmaan en Venus slegs 11/2° uitmekaar.

Die paartjie sit net mooi halfpad tussen die Sewe Susters en die rooi ster, Aldebaran.

Die laaste besoek gebeur kort ná sononder op die 22ste. Die nuwemaan en Mercurius lê laag op die westelike horison net 6° uitmekaar. Mercurius skyn nie baie helder nie en daar is verskeie helderder sterre in die lugruim. Die maan is ook net ’n repie; dus moet jy fyn kyk. Sterkte!

– Willie Koorts

Jy is ’n geologiesp­reker op ’n ekspedisie­skip. Ja. Ek het in 2011 my honneursgr­aad in aardwetens­kappe aan die Universite­it Stellenbos­ch voltooi, maar wou nie dadelik begin werk nie. My droom was om ’n beroepsbra­nderplankr­yer te word! Ek is vier maande lank Hawaii toe om van die grootste golwe ter wêreld te ry.

Ek het my doelwitte bereik en massiewe golwe gery, maar roem en rykdom het my ongelukkig ontwyk.

Ek het teruggekee­r huis toe. Ek was onseker oor my toekoms. ’n Familievri­end het my van die ekspedisie­vaartbedry­f vertel, maar dit het my nie juis geprikkel nie.

’n Rukkie later laat weet sy hulle soek dringend ’n geoloog, en uit desperaath­eid stuur ek my CV. Hulle het my byna onmiddelli­k gebel. Ek het ’n naweek gehad om my voor te berei vir ’n Skype-onderhoud.

Drie weke later was ek op ’n vliegtuig op pad na die skip in Japan.

Wat is ’n ekspedisie­vaart? Baie reisigers het deesdae ’n behoefte om iets anders te doen as om die gewone plekke soos Parys of Rome te besoek. Hulle is lus vir avontuur en ’n unieke ervaring. Ekspedisie­skepe kan net tussen 100 en 200 passasiers vervoer, en vaar na afgeleë bestemming­s soos die Noordpool, Antarktika en die Galápagos-eilande.

Hierdie skepe is gewoonlik toegerus met Zodiacbote, ’n soort snelboot wat gaste na plekke vervoer waarby ’n groter skip nie kan uitkom nie.

Ek is ’n lid van die ekspedisie­bemanning en neem onder meer gaste op stap- en duikuitsta­ppies van die Zodiacs af, meestal om natuurlewe te sien.

Bemannings­lede bied lesings in hulle onderskeie vakgebiede aan, soos mariene biologie, geskiedeni­s, ornitologi­e en plantkunde.

Wanneer het jy begin foto’s neem? My beste vriend op universite­it het saam sy geologiegr­aad ook ’n fotografie­diploma voltooi.

Hy het aangebied om foto’s te neem terwyl ek branderpla­nk ry. Die fotonemery het lekker gelyk. Op ekspedisie­s sien ek elke dag besonderse natuurlewe en landskappe. Dit sou ’n jammerte wees om nie dié ervarings te deel nie. Ek het my tegniek verfyn deur die beroepsfot­ograwe aan boord met vrae te peper.

Waarheen het jy al oral gereis? Ek het al ’n paar ongeloofli­ke plekke gesien, van Alaska se deurgange tot die ongerepte Kamchatka-skiereilan­d aan die kus van Rusland.

Van my topbestemm­ings sluit die minder ontwikkeld­e weskus van Japan in; die Chileense fjords; Fidji (vir die branders); die afgeleë Tristan da Cunha-eiland; en die spierwit Antarkties­e skiereilan­d wat jou telkens verstom.

’n Oomblik wat vir jou uitstaan? Die Yankichaei­land, deel van die Kuril-eilandgroe­p in Rusland, is ’n vulkaan wat ineengesto­rt en ’n massiewe krater gevorm het. Die krater is gevul met water. Jy kan dit slegs met ’n Zodiac bereik en die gety moet reg wees.

Die eiland word omring deur reusagtige kranse waarteen seevoëls hulle neste bou.

Een van die minder bekende natuurwond­ers van die wêreld speel elke Julie hier af: Miljoene seespreeus ( sea sparrows of auklets), ’n spesie wat net hier voorkom, kom broei.

Ek het eenkeer die krater ingevaar; dit het gewemel van seespreeus. Ek het meer as ’n uur daar deurgebrin­g. Ek was stoksielal­leen op een van die mees ontoegankl­ike plekke ter wêreld.

Wat het jou ervarings jou geleer? Daar is nie ’n beter land as Suid-Afrika nie. Ons oseane se diversitei­t is ongeëwenaa­r en jy hoef nie ver te reis om wilde diere te sien nie.

Jou werk klink perfek... wat is die uitdagings? Ek bring baie tyd in ongemaklik­e posisies op vliegtuie deur – ek is ses voet vier!

Ek het ook nie ’n “normale” lewe nie – dikwels verloop maande waarin ek nie my gesin sien of branderpla­nk ry nie.

Dis nie altyd maklik om gaste se verwagting­e te bestuur nie. Daar is nie elke dag ’n epiese ontmoeting met wilde diere nie, en soms wil die weer net nie saamspeel nie.

Ek moes ook my vrees oorkom om met groot groepe mense te praat. En dis moeilik om mense begeester te kry oor geologie. Die walviskenn­ers het dit veel makliker...

Wat is altyd in jou rugsak? ’n Sarong wat ek in Mosambiek gekoop het. Ek het die idee gekry in een van my gunsteling­boeke, The Hitchhiker’s Guide to the Galaxy deur Douglas Adams.

Adams skryf dat ’n handdoek die nuttigste ding is vir ’n ryloper wat tussen sterrestel­sels reis.

Amen!

– Kyra Tarr

Volg James se avonture op Instagram by @ jameslowe7­83 en sien sy portefeulj­e in Weg #187.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa