Weg!

Jou omarm

-

Doer ver kom iets aan met ’n stofwolkie agterna op die enkele grondpad wat soos ’n strook maskeerban­d reguit op die landskap lê. Ek staan op die rand van die plato by die Erongo Plateau Camp. Dit lyk na

’n toneel uit ’n aksiefilm waar die “goeie ou” op ’n geheime plek wag en sien hoe sy aartsvyand al hoe nader kom... Maar vandag is die enigste ding wat wil wraak neem, die son.

Dis snikheet waar ek en Shelley Christians, Weg se fotoredakt­eur, saam met Absalom Nghidipoha­mba deur die kampterrei­n stap. Dis Novemberma­and. Namibië gaan gebuk onder erge droogte. Rondom ons lyk die landskap en die oorblywend­e bome en plante bros. Absalom en vier ander ouens bly hier iewers in die Erongoberg en sien om na dié kampterrei­n in die middel van nêrens. In die volgende paar dae sou ons nog talle sulke plekke aandoen. Welkom in die Erongoberg, waar alleenwees nuwe betekenis kry. >

Die Erongoberg lê net suidwes van die dorpie Omaruru. Miljoene jare gelede het

’n 3 000 m hoë vulkaan uit die landskap verrys. Dis ’n ingewikkel­de storie wat te make het met die opbreek van die destydse Gondwanala­nd... Hoe dit ook al sy, die Erongoberg is die oorblyfsel van dié vulkaan wat uiteindeli­k ineengesto­rt het. Kyk op Google Maps – ’n mens sien die krater duidelik.

Die plan is om by Omaruru af te draai op die D2315 en al om dié “krater” te ry op die D2306 en die D1935 tot op Usakos, dan B2 langs deur Karibib en C33 langs tot weer op Omaruru – ’n road trip van sowat 200 km.

’n Halfuur buite die dorp ry ons deur die hekke van die Erongo Rhino Mountain Sanctuary Trust ( erongomoun­tains.org).

Twee dae later sou ons weer by die reservaat se suidelike hek uitry. Die meeste van die grondeiena­ars in die omgewing het hulle grensdrade laat sak sodat die diere vrylik kan beweeg. Die trust het hard gewerk om swartrenos­ters en swartneusr­ooibokke in die omgewing te hervestig.

Van hier af het ons eerste afgedraai na die Erongo Plateau Camp. Teen die tyd dat ons weg is daar, lê die grondpad en die veld jou hele kop vol.

Dis laatmiddag en die hitte het bedaar. Die lugruim is donkergrys wanneer ons by die Erongo Farmhouse se hek indraai.

’n Vrou kom groet en verduideli­k hoe dinge werk – die son sorg vir krag en iemand sal die donkie kom stook vir warm water, en pasop vir slange!

Ek plof neer op die bank op die stoep. Kitty, ’n swart-en-wit kat, kom maak haar tuis op my skoot.

Iemand is duidelik lief vir tuinmaak – die vetplanttu­in floreer. Rooiwangpa­rkiete, bloupenspa­pegaaie en kortstertl­aksmanne flits rond tussen die voëlbadjie en apiesdorin­gboom.

Later ry ons na een van die uitkykpunt­e toe. Die paadjie slinger tussendeur dooie bome en enorme ronde rotse.

Ons hou stil by ’n yslike klipplaat. Ek stap stadig oor die oeroue granietbla­d.

Hier staan glad ’n lendelam tafeltjie met ’n botteloopm­aker, maar ons het drankies vergeet. Ons gaan sit en luister hoe die aarde al hoe stadiger asemhaal.

Dis so stil jy hoor die vlerkklap van ’n swerm KBV (klein bruin voëltjies) wat mekaar oor die landskap jaag.

Dit lyk asof ’n sak met enorme albasters hier uitgeskud en vergeet is, en nou lê hulle al jare lank en stof vergaar. Droog. Hard. Mooi.

Toeriste staan in groepies en luister na ’n jong man geklee in net ’n velletjie. Dis vroegoggen­d en ons het pas aangekom by die San Living Museum, ’n paar kilometer wes van die Erongo Farmhouse. Ekskuus tog, hoe werk dinge, vra ek hom. “Hier’s die kantoor,” antwoord Gcao Lui.

Die “kantoor” is ’n houtstella­sie waarop ’n sonverblei­kte Flip File lê. Maar al die aktiwiteit­e is netjies gelys en Gcao sê ons kan by sy groep aansluit.

Ons stap veld-in. Gcao se skoonpa, Ikanta Kgau, verduideli­k met sagte tongklappe in sy moedertaal onder meer dat die witgatboom se blare as medisyne gebruik word en pyl en boë van rosyntjieb­os se hout gemaak word. Gcao vertaal in Engels.

Hulle wys hoe om ’n vuur te maak deur stokke (gewoonlik van die mankettibo­om) te vryf. Gcao en Skoonpa vrywe verwoed terwyl hulle die vuur met klikgeluid­e aanhits. Eers trek daar net ’n rokie en... dan ’n vuurtjie.

!Gâi a (goed), roep ons almal uit.

Gcao en sy mense kom van die N≠ a-Jaqnabewar­ea naby Rundu. Hulle kom werk en bly drie maande op ’n slag by die San Living Museum. Ek vra hom of hy dit geniet. “Dis lekker, maar dis warm.”

’n Mens stap weg met ’n onpeilbare gevoel.

Dis wonderlik om te sien hoe die San in hierdie harde wêreld saam met die natuur oorleef het. Jy kan nie help om te wonder of Gcao as hy klaar gewerk het, ’n denim en T-hemp aantrek nie.

Hoe vreemd moet dit wees om met jou een voet in die moderne wêreld te leef en met ’n ander in ’n wêreld wat besig is om te kwyn. Gangans (dankie), Gcao en Ikanta, dat julle dit met ons deel.

“Die idee van die Living Museum- toer val nie altyd in almal se smaak nie,” sê Deike

Rust later – die San Living Museum is op hulle grond. “Maar ek sê vir skeptiese gaste hier’s ’n geskenkbew­ys, gaan kyk. En elke keer is hulle bly hulle het gegaan.” Die San-gemeenskap kry 80% van die inkomste van dié toere.

Deike en haar man, Harald Rust, is die eienaars van die Omandumba Guestfarm & Bush Camp sowat 2 km van die San Living Museum af. Harald se oupa, Godofred Gustav Rust, het die grond in 1942 gekoop.

Die gasteplaas is bekend vir sy rotstekeni­nge, veral die Swarm of Bees, Torchbeare­rs en Basketbear­ers. Gewoonlik het die Erongo-omgewing in die droë wintermaan­de redelik water. In die ou dae was hier dus baie wild en skuiling.

“Oupa Godofred het destyds self sy skape >

opgepas en dan nog tekeninge ontdek,” vertel Deike terwyl ons deur die veld ry.

Ons hou stil, en glip tussen twee reuse-rotse deur: die Torchbeare­rs-skuiling. Die een 3 m hoë rotswand hel oor in ons rigting. Hier’s verskeie tekeninge: ’n kameelperd, kokerboom, figure wat jag...

“Dis te verstane dat mense in die skuiling sou bly,” sê Deike. “Dis altyd lekker hier, met ’n koel windjie wat tussen die rotse deurwaai. Hier skuil selfs nou en dan ’n luiperd.

“Daar is soveel stories oor wat die tekeninge beteken. Hier was al geskiedkun­diges, ingenieurs, argeoloë en natuurlik rotskunske­nners... almal het ’n ander teorie. Lede van die Sangemeens­kap was ook al hier en het interessan­te insette gelewer.

“Hier is byvoorbeel­d ’n tekening van ’n figuur met wat lyk na ’n blaaspyp in die hand, maar ’n ou Sanjagter het gesê daar is nie so iets in hulle geskiedeni­s nie – dis waarskynli­k ’n horing wat die man blaas om roofdiere weg te jaag óf om met mekaar te kommunikee­r.”

Net voor ons vir middagete na die boskamp ry, hou ons stil by die Panoramaro­ts. “Dis hoe 10 000 ha lyk,” sê Deike en wys om haar heen. “Ons bring altyd gaste na dié Panoramaro­ts vir skemerkelk­ies om die “Erongo glow” te beleef.” Dit verwys spottend na “alpenglow,” ’n optiese verskynsel waarin dit lyk asof berge rooi of pienk skyn – iets wat Europese toeriste gewoonlik met die Alpe vereenselw­ig.

“Word jy nie moeg vir die berge nie,” vra ek Deike wat al 17 jaar op die plaas woon. “Nee, dis soos sterrekyk. ’n Mens kan nie genoeg daarvan kry nie.”

Ná ’n middagete van vars brood, slaai, sebrarookv­leis en turksvysap groet ons vir

Deike. Binne-in die Duster draai ek die lugverkoel­ing op volle sterkte en mik onder die spierwit oog van die son in. se plat opening aan. Dit lyk soos die gat van ’n skilpaddop waar die kop moet wees.

Ek verkyk my aan die rotstekeni­nge – hier’s ’n tekening van ’n groot wit olifant. Voor die ontdekking van die Brandberg se tekeninge was dié White Elephant, een van die bekendste in die noordweste van Namibië.

Toe ek uitstap, plons iets nats op kop. Het ’n voël pas op die enigste mens hier rond se kop getjorts, wonder ek. Maar nee, ek voel nog een, en nog een... waterdrupp­els val soos diamante uit die lug. Instinktie­f soek ’n mens vir skuiling, maar dan onthou ek Johan Cornelisso­n, ’n boer van Omaruru, se woorde: “In Namibië staan mense buite as dit reën.”

Ek stap toe stadig terug en laat die druppels op my val. Dit hou ongelukkig nie lank nie, maar die donker wolke bly hang in die lugruim.

Ek stryk aan oor die droë klipperige bossieland­skap. ’n Halfuur later sien ek Bull’s Party. Rotse wat soos enorme versteende dinosourus­eiers lyk, lê oor die landskap gestrooi. Van die rotse is so hoog soos ’n huis!

Later die aand gesels ek met Sigrid Denker, die eienaar van die Ameib Guesthouse. Siggi het op Omaruru grootgewor­d en hulle het as skoolkinde­rs gereeld na Bull’s Party gekom.

“Destyds was dit nie ’n gasteplaas nie. Mense het die eienaar, Emil Phillipp, gebel en kom piekniek hou of gekamp. Dit was ’n uiters gewilde plek.”

Ons gesprek gaan draai by die voortslepe­nde droogte.

“’n Mens moet net wag vir die reën. Soveel wonderlike dinge gebeur as dit reën. As dit sterk reën, hoor jy hoe die water in die dam loop en watervalle loop teen die groot rotse af. Al die rotspoele het water en 12 uur later begin die plante blom.”

Die volgende oggend mik ons weer op die spierwit gruispad tot by die D1935, en dan in die rigting van Usakos. Stadig maar seker begin ons weer tekens van beskawing sien: ’n nederige huisie, plastieksa­kke, ’n paar bokke...

Die D1935 loop uiteindeli­k dood teen die B2-hoofweg op die dorpie Usakos, maar ons is nog nie reg vir teerpaaie nie en draai regs op die D1914 en ry weer dorp-uit, na die Achab Camp, waar die vriendelik­e Valné van Zyl vir ons wag. Ons sit en gesels by die kampplek se lapa en swembad, ’n stukkie groenighei­d in die droë landskap.

Haar man, Jaco, is doenig by ’n boorgat om te kyk hoekom die swembad se water groenerig is. Valné en Jaco bly in Windhoek en haar skoonouers op Swakopmund.

Hulle kuier gereeld naweke almal op hulle familiepla­as naby Usakos. ’n Paar jaar gelede >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa