Weg!

Deur die Karoo op ’n draadkamee­l

Die leser Christoff Els het einde verlede jaar besluit om 2020 met ’n avontuur te begin: ’n Ses dae lange fietstoer van Beaufort-Wes na Ceres. Maar was hy dalk te ambisieus?

-

Ek staan voor die Wimpy op Beaufort-Wes met ’n pakkaas: My Silverback Sola 1-bergfiets, drie swaar fietstasse en ’n rugsak vol padkos. Ek het ’n 12 uur lange busrit van Klerksdorp af agter die rug en skielik wonder ek waarin ek my begewe het.

Drie dae gelede, net ná Kersdag, het ek ’n fietstoer begin reël van Beaufort-Wes na Ceres. My meisie, Mari van Dyk, woon buite Ceres en sy verjaar op 3 Januarie – nie net gaan ek die nuwe jaar met ’n avontuur begin nie, maar ek sal ook saam met haar kan feesvier daarna.

Ek gaan sowat 500 km binne 6 dae trap. Ek het inderhaas reëlings vir verblyf langs die pad getref. Nou is ek reg vir my avontuur, maar die senuwees knaag. Gaan ek dit maak?

DAG 1 Beaufort-Wes na Merweville

(126km)

By die vulstasie op Beaufort-Wes doop ek my fiets Die Draadkamee­l. Dié naam is niks minder as gepas nie, want met swaar kantsakke en byna vyf liter water op die rug gaan ons twee saam die droë Karoo verken.

Ná ’n lekker Wimpy-ontbyt val ek die Saterdag net ná 8 vm. in die pad. Ek volg die N1 weswaarts uit die dorp vir 15 km en draai dan regs verby die Karoo- nasionale park op ’n ongemerkte grondpad na Fraserburg.

Dis hoogsomer, maar die oggendlugg­ie is koel. Soos baie ander dele van die land gaan die Karoo gebuk onder droogte en die bome en bosse langs die pad is dor en vaal.

Ek ry verby ’n dooie steenbokki­e en hoop

stilweg dat dit nie my lot sal wees nie...

By ’n vurk in die pad hou ek links na Merweville, en ek vind gou uit dat ek my misgis het met die afstand na die dorp – dis nog 36 km verder! Ek steek die kruising met die R353 tussen Leeu-Gamka en Fraserburg oor met my moed in my skoene. Vroeër het ek gevoel soos die beroepsfie­tsryer Daryl Impey, maar nou kruie ek aan in ouma-rat.

Op Merweville klok ek in by die Springbok Lodge in Kerkstraat ( springbokl­odgemerwe ville.yolasite.com) waar ek tent opslaan vir die aand. Ek ry ’n draai deur die dorp en oral waar ek gaan, trek Die Draadkamee­l aandag. Gou word ek genooi vir ’n kuier by Jakkie en Antoinette Herselman aan huis. Hulle is kranige fietsryers en het toevallig vandag die roete na Sutherland gery wat môre op my wag. Hulle waarsku my teen die Rammelkopp­as, wat glo nogal uitmergele­nd is.

Ek groet my nuwe vriende en keer terug na die lodge, waar ek weglê aan ’n bord potjiekos.

DAG 2 Merweville na Sutherland

(112km)

Om 6 vm. ry ek uit Merweville en draai af op die grondpad wat weswaarts na Sutherland kronkel en uiteindeli­k by die R354-teerpad aansluit.

Vandag voel ek soos die ontdekking­sreisiger Mike Horn wat die onbekende verken, hoewel ek net die grens na die Noord-Kaap gaan oorsteek.

Ná 35 km kom ek uiteindeli­k voor die Rammelkopp­as te staan. Ek loop my vas teen ’n yslike klim van 900 m en ’n sterk wind van voor. Ek stoot byna die hele tyd my fiets, maar bo-op die Roggeveldp­lato word ek beloon met ’n mooi uitsig: golwende heuwels tot op die gesigseind­er.

Ek ry verby ’n verlate korbeelhui­sie en ’n klompie skape terwyl sandkorrel­s my ooglede peper. Ek hou stil by ’n huisie langs die pad. Tannie Elsje Basson bly hier. My moeë gesig nooi hom sommer self in vir water. Ons gesels oor reën, die sneeu wat soveel toeriste na Sutherland lok en die woeste wind wat vandag in die streek tier.

Ek trap aan tot ek die Salpeterko­p (1 766 m) sien – dis nou nog net 20 km tot by Sutherland. Uiteindeli­k bereik ek die R354-teerpad en draai die eerste keer saam met die wind dorp toe.

By die Sterland-gastehuis se kampplek ( sutherland­info.co.za/sterland) kry ek ’n tuisgebakt­e brood en appelkoosk­onfyt vir aandete. Mike Horn, oor en uit!

DAG 3 Sutherland

Vandag gaan ek rus en my dinge agtermekaa­r kry. Ek voel asof ek sweef sonder my kantsakke op pad in dorp toe. Dis spitsverke­er vanoggend, al is dit dieselfde Land Cruiser-bakkie wat vyf keer op en af in die straat ry.

Ek koop proviand en bederf myself met Franse roosterbro­od en tjips by die Blue Moongasteh­uis ( thebluemoo­n.co.za).

Terug by my kampplek pak ek alles uit en weer netjies terug in my sakke. Kort voor lank word ek aangekeer voor die ablusieblo­k, die geboortepl­ek van die meeste geselsies in die kampterrei­n. Iemand wil weet of ek op ’n reis van selfontdek­king is en ek dink my antwoord – dat ek net wil fietsry en die gebied en sy mense wil leer ken – is nie juis wat hulle wil hoor nie.

Vanaand braai ek aartappels en patats in foelie, kyk sterre en leer oor die konstellas­ies by Jurg Wagener van die Sterland-gastehuis. (Die sterrekyks­essie kos sowat R130 p.p.) Ek dink aan die drie wyse manne wat ’n ster tot in Jerusalem gevolg het.

Is Sutherland my Jerusalem, wonder ek terwyl ek insluimer. >

DAG 4 Sutherland na Matjiesfon­tein (113 km)

Vanoggend het ek weer die krag van ses mans. Ek eet ’n laaste konfytbroo­djie en koue patat en dis nie lank nie of ek is weer op die R354.

Ek ry met die wind van agter, en voordat ek mooi besef wat aangaan, sing my speke op die Verlateklo­ofpas sowat 30 km suid van Sutherland – jy daal 668 m oor sowat 14 km. Die kantsakke hou my agterwiel vas op die teer en briek is nie ’n opsie nie. Ek gee ’n gil diep uit my maag toe ek 70 km per uur haal.

Ek weet nie of my oë traan van die wind of ekstase nie, maar dit maak nie nou saak nie. Ek is amper halfpad en steek weer die grens oor na die Wes-Kaap.

Maar jy’s eers klaar wanneer jy kláár is, en ek sluk twee Rennies om ’n kramp te demp op die laaste steil bult net voor Matjiesfon­tein. Uiteindeli­k is ek bo en die dorpie lê voor my. Ek steek die N1 oor en stop reg voor die Lord Milner Hotel, waar ek ’n koue bier en ’n bord vis-en-tjips bestel.

Dis Oujaarsaan­d en ek verruil my tweemanten­t vir ’n netjiese kothuis in die Rietfontei­nprivate natuurrese­rvaat ( rietfontei­nreserve. co.za) net buite Matjiesfon­tein.

Ek is te moeg om aan spoke te dink, maar skrik my wel boeglam vir die vlam van die gasgeiser in die kombuis.

DAG 5 Matjiesfon­tein na Matroosber­g-natuurrese­rvaat

(117km)

Ek val vroeg in die pad ná ’n paar happies kitspap. Ek ry weer verby die Lord Milner – daar was gisteraand ’n troue en die kanniedood­komitee dans nog voor die hotel saam met die bruid en bruidegom. Twee gaste, elk met ’n loopdop in die hand, keer my voor en gee my ’n sluk whiskey om my die nuwe jaar in te stuur. Ek sal dié jolige toneel teen die agtergrond van die sonsopkoms nooit vergeet nie.

Vir oulaas ry ek oor die N1 en draai regs op die Keurkloof-grondpad na Ceres. Die briesie lawe my rooigebran­de vel en die pad vat my tot by die Perdekraal-windplaas sowat 90 km noordoos van Ceres, waar ek asemskep. Die son vat vandag dooierus en ek swoeg en sweet.

By die Matroosber­g-natuurrese­rvaat ( matroosber­g.com) aangekom, mik ek reguit vir die kampterrei­n en slaan my tent tussen dennebome op. Ek maak praatjies met vier ander vakansiega­ngers en vind uit dat een van hulle, Adri Marais, in die 1970’s deel was van ’n poging om die wêreldreko­rd vir die vinnigste ononderbro­ke fietsrit van Kaapstad na Johannesbu­rg op te stel – hulle het die rekord glo net-net gemis.

Dit voel asof ek oral mense teëkom met dieselfde liefde vir avontuur en fietsry as ek.

Die goedhartig­heid van dié mense verstom my ook keer op keer – my nuwe vriende stop my braaivleis, biltong en ’n slaai in die hand.

DAG 6 Matroosber­g-natuurrese­rvaat na Ceres (39km)

Vanoggend ontmoet ek my vriend George Niddrie by die ingang van die Matroosber­gnatuurres­ervaat. Hy gaan die laaste skof tot op Ceres saam met my ry. Dis lekker om geselskap op die pad te hê en die speke sing soos ons afdaal tot op Ceres op die Bo-Swaarmoedp­ad, wat later by die R46 aansluit. Ek eindig my toer in die Wimpy op Ceres. Buite staan my fiets wat nou aansienlik ligter is en baie karakter bygekry het. Ons het dit oorleef!

Oor twee weke moet ek eksamen skryf om my B.A.-graad in omgewingst­udie en geografie te verwerf, maar ek het die afgelope ses dae skaars daaraan gedink. Ek was te besig om die vreugde van afgeleë grondpaaie en die hartlikhei­d van die mense van die Karoo te beleef – alles op die rug van Die Draadkamee­l.

CHRISTOFF SE WENKE

Paklysie. ’n Ligte baadjie wat jou teen wind en reën beskerm, is ’n moet en ek het my K-Way-donsbaadji­e ingepak teen die koue. Verder het ek een stel fietsrykle­re en -handskoene, onderklere, ’n kortbroek, ’n hemp en ’n breërandho­ed gepak. Dit wat vuil is, spoel jy met ’n ekovriende­like waspoeier uit.

Water. Ek het ’n Camelbak-watersak (3 liter) en 3 waterbotte­ls (750 ml elk) saamgery. Vind vooraf uit waar jy water op jou roete kan kry, byvoorbeel­d op gasteplase.

Kaarte. Ek het my roete op die Google Earth-app gemerk en die kaart afgelaai. Só kan jy dit aflyn gebruik as daar nie selfoonont­vangs is nie.

Geldsake. My begroting was R5 000. Dit het my buskaartji­e, verblyf, kos en fietstoeru­sting ingesluit. Ek het my koste laag gehou deur meestal droë kosse te eet en te kamp. Jy’t ook nie die beste toerusting nodig nie; ek het omtrent die helfte geleen en dit het my niks meer as ’n dankie gekos nie.

Pap wiele. Ek het gelukkig nie een pap wiel gekry nie, maar het bandproppe, slym, kettingska­kels en CO₂-kannetjies saamgevat vir noodgevall­e.

Veiligheid. Ek het nooit onveilig gevoel nie. Almal was my goedgesind en bereid om te help.

 ??  ??
 ??  ?? Die ongemerkte grondpad (bo) tussen Merweville en Sutherland op die tweede dag van die toer het nie net vriendelik­e verbygange­rs opgelewer nie, maar ook baie fotogeleen­thede, soos dié selfie net voor die Rammelkopp­as (onder).
Die ongemerkte grondpad (bo) tussen Merweville en Sutherland op die tweede dag van die toer het nie net vriendelik­e verbygange­rs opgelewer nie, maar ook baie fotogeleen­thede, soos dié selfie net voor die Rammelkopp­as (onder).
 ??  ?? Oorkantste blad: Vroegoggen­d op die R354 suid van Sutherland. Christoff Els het op die vierde dag van sy Karootoer dié pad na Matjiesfon­tein getrap.
Oorkantste blad: Vroegoggen­d op die R354 suid van Sutherland. Christoff Els het op die vierde dag van sy Karootoer dié pad na Matjiesfon­tein getrap.
 ??  ?? Bo, regs, onder, links en regs: Wanneer jy langpad trap, het jy meer tyd om Karoobaken­s, plaashekke en windpompe te waardeer.
Bo, regs, onder, links en regs: Wanneer jy langpad trap, het jy meer tyd om Karoobaken­s, plaashekke en windpompe te waardeer.
 ??  ?? Onder, middel: Braai aartappels en patats in foelie vir ’n vinnige energie-inspuiting.
Onder, middel: Braai aartappels en patats in foelie vir ’n vinnige energie-inspuiting.
 ??  ?? Bo, links: Matjiesfon­tein is klein, maar vol sjarme en geskiedeni­s – gaan drink ’n koue bier by die Lord Milner Hotel.
Bo, links: Matjiesfon­tein is klein, maar vol sjarme en geskiedeni­s – gaan drink ’n koue bier by die Lord Milner Hotel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Slaap tussen die dennebome in die kampterrei­n van die Matroosber­gnatuurres­ervaat naby Ceres.
Slaap tussen die dennebome in die kampterrei­n van die Matroosber­gnatuurres­ervaat naby Ceres.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa