Weg!

DIETER SCHWARZ

-

IG: @poolcleane­r82 Nikon D850

Nikon 14-24 mm-lens

DIETER SKRYF: Ek het dié foto buite Sutherland geneem. Ek wou baie graag stersleeps­els afneem. Eers moes ek die tegniese dinge onder die knie kry voordat ek aan die komposisie kon werk.

Die nag moes donker en wolkloos wees vir my foto. Dus sou die drie uur tussen maansonder­gang en sonsopkoms die beste wees. Buite die dorp, op pad na die SuidAfrika­anse Groot Teleskoop, het ek ’n ou plaashuis gesien wat ’n mooi agtergrond vir my foto sou wees.

Daai nag het ek om 2 vm. opgestaan, maar dit was bewolk buite. Teen 3.30 vm. was die hemele oop! By die plaashuis het ek 150 foto’s geneem op “interval shooting.”

Ek het elke 30 sekondes belig en die lens was op f2.8. Ná die tyd het ek ’n bietjie redigering gedoen in Lightroom en verskeie foto’s bo-oor mekaar geplaas en Photoshop gebruik om dinge ligter te maak en die sterreslee­psels te beklemtoon.

Ek hoop julle hou hiervan.

TOAST SÊ: Ek hou sommer baie hiervan, Dieter! Jy het beslis jou huiswerk gedoen voordat jy jou foto geneem het.

Landskapfo­to’s word baiekeer op die ingewing van die oomblik geneem wanneer jy iewers heen ry en iets sien wat jy wil afneem terwyl die lig op sy beste is.

Ander kere is die foto iets wat die fotograaf mooi beplan het... selfs maande vooruit!

Aan die onderkant van die raam is dinge effe knap aangesien die gebou baie na aan die rand van die foto is, maar andersins is Dieter se foto puik. Die sleepsels is asemrowend... dis tyd dat ek ook weer Sutherland toe gaan!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa