Weg!

Botswana, Okavangode­lta, Caprivi, Chobe en Victoriawa­terval

-

Die R60 tussen Ashton en Swellendam is een van my gunsteling­paaie. Vrugteboor­de en grasgroen weivelde, bespikkel met skape al kouend aan ’t mediteer, flits verby jou. Met die Langeberg wat deurgaans aan jou linkerkant waghou.

Die rit tussen die twee dorpe neem skaars 40 minute, en terwyl jy nog droom oor ’n huisie op die platteland, dui ’n bordjie aan jou linkerkant die afdraai na die Eenuurkopg­asteplaas aan.

Jy hoef nie ’n kwantumfis­ikus te wees om te sien hoekom Tersia en Jeremy Puren hulle 110 ha-plaas Eenuurkop gedoop het nie. Die mees imposante van Swellendam se bekende uurkoppe (hier’s ook ’n Twaalf-, Elf- en Tienuurkop) troon bo die landskap uit. In die dae voor horlosies kon die plaaslike inwoners jou vertel hoe laat dit is afhangende van watter kop ’n skaduwee oor die dorp gooi.

Die grootste van die drie selfsorghu­ise heet ook Eenuurkop, en het slaapplek vir agt mense. Die kleiner wittebrood­huisies, Misty

Point en De Wet se Huisie, het slaapplek vir twee elk. Die Purens het in die 38 jaar wat hulle op die plaas woon, die uitheemse swartwatte­l en rooikrans stelselmat­ig uitgeroei, en vandag is Eenuurkop ’n lushof.

Tersia vertel dat Jeremy elke jaar 100 bome op die plaas plant. Elkeen van die huise is privaat met uitsigte wat deur die tuin en oor weivelde na die Langeberg toe strek.

De Wet se Huisie is ’n plek waar jy, sodra jy afgepak het, ’n vuurtjie wil aansteek – of dit nou in die braaiplek buite of in die kaggel binne is. Tersia se kunstige hand is oral te bespeur, van die keuse van meubels tot die gehalte van die linne op die dubbelbed en die sagte handdoeke in die badkamer (hier is ’n groot stort en ’n bad). Potte vol vars blomme staan op vensterban­ke en ’n bak met vrugte uit die boord wag op die eetkamerta­feltjie.

Elke huis is toegerus met eetgerei, ’n yskas en stoof, asook twee van die dinge waaraan ek ’n goeie selfsorghu­is meet – ’n skoon braairoost­er en báie braaihout.

Eenuurkop is ’n goeie basis om

Swellendam en die omliggende reservate te verken. Die gasteplaas grens aan die Marlothnat­uurreserva­at, en hier is verskeie staproetes deur inheemse woude en tot bo-op van die ander uurkoppe.

Die geskiedkun­dige dorp, met uitstekend­e restaurant­e en lekker doendinge, is net 5 km hiervandaa­n, asook die ingang na die Bontebokna­sionale park.

Wat nog? De Wet se Huisie is genoem na die egpaar se seun wat twee jaar hier gewoon het. Jy kan flesse ingelegde vye (R50 elk) en olywe (R40 per flessie) aanskaf. Waar? Die afdraai na Eenuurkop is sowat 5 km buite Swellendam op die R60. Jy ry dan nog sowat 1 km op ’n goeie grondpad tot by die plaashek. Bel of WhatsApp en Tersia maak die elektronie­se hek oop. Koste Misty Point: vanaf R800 p.n. De Wet se Huisie: R900 p.n. Eenuurkop-gesinshuis: vanaf R2 000 p.n. Kontak 082 956 9461; eenuurkop.co.za

– Pierre Steyn

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa