Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Afstand Skeure toe en terug is sowat 5 km, wat jou 3 tot 4 uur sal neem. Die rotsboog is nog 3,7 km (dus 7,5 km uit en tuis) se stap. Jy kan in ’n dag na die rotsboog en terug stap – begroot sowat 8 uur vir die avontuur.

Hoe kom ek daar? Ry noord met die N7 en draai 28 km ná Citrusdal af na regs vir die Algeria-ruskamp.

Hou reguit op dié grondpad vir 46 km tot by Dwarsrivie­r en die Sanddrif-vakansieoo­rd.

Beste tyd om te stap? Heeljaar – selfs al raak dit bloedig warm in die somer, bly dit koel in die skeure.

Spring vroeg weg terwyl daai steil opdraande na die skeure nog in die skaduwee is. Pak ’n hoed en sonroom.

Waar los ek my kar? Daar is parkeerple­k by die beginpunt. Jy kry ’n kode vir die ingangshek.

Waar kan ek oorslaap? Die Sanddrif-vakansieoo­rd is naby die Wolfbergsk­eure. Daar is 40 kampplekke langs die Matjiesriv­ier: vanaf R320 p.n. vir 4 mense, R80 per ekstra persoon, 8 mense maks. Selfsorgko­thuise: vanaf R1 360 p.n. vir 4 mense, R340 per ekstra persoon, slaapplek vir 4-8 mense. Hoe fiks moet ek wees? Redelik. Die eerste 1,8 km is steil, maar nie uitermate uitdagend nie.

In die wye skeur sal jy hier en daar oor rotse moet klouter waarvoor jy krag in die arms nodig het. Stap eerder deur die wye skeur as engtes jou benoud maak.

Water? Daar is geen water langs die roete nie. Dra minstens 1 liter p.p. as jy vir die dag kom, en 3 liter p.p. as jy oorslaap.

Koste Dagpermit vir die Wolfbergsk­eure: R70 p.p. en R40 per kind jonger as 14. Dagpermit vir die Wolfbergsk­eure én -boog: R100 p.p. en R60 per kind. Dié permitte kry jy by Sanddrif. Indien jy by die rotsboog wil slaap, moet jy ook ’n oornagperm­it (R140 p.p.) en ’n bewaringst­arief (R60 p.p.) by Kaapse Natuurbewa­ring se kantoor by Algeria kry – of aanlyn by

capenature.co.za.

Kontak Sanddrif 027 482

2825, sanddrif.co.za; Kaapse Natuurbewa­ring 087 087 8250,

capenature.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa