Weg!

Antwoord gee

- Die volgende oggend staan ek en Tony

Barberton is bekend vir haar goudstorml­oop en die omliggende berge se sonderling­e geologie. Kom ontmoet die mense wat dié bekoorlike plek hulle tuisdorp noem.

WOORDE EN FOTO’S

Die volgende oggend loer ek in by die private Barberton History and Mining Museum. Wynand Engelbrech­t, die eienaar, wys vir my die ou koerantuit­knipsels en leë medisynebo­tteltjies wat in die Volle Evangelie-kerk se solder versteek was – moontlik nog ’n bevestigin­g van die Nazi-spioen...

“Dit wil lyk asof iemand in die dak gewoon het,” vertel Wynand. “Al die uitknipsel­s handel oor mediese gevalle, dokters en hospitale.”

Die storie loop dat die sogenaamde spioen glo ’n mediese dokter was wat – vermom as ’n klavierond­erwyser – tydens die Tweede Wêreldoorl­og in SuidAfrika aangekom het. In die klavier wat hy saamgebrin­g het, was ’n Morsekode-masjien versteek.

“Daar is ’n hele paar klopjagte op die man se huis uitgevoer, maar hulle het nooit iets verdags gekry nie. Toe hulle uiteindeli­k op ’n dag die masjien in die klavier ontdek, het die Duitser op die vlug geslaan en die kerk se mense het hom versteek.” Die spioen is later gevind en gearrestee­r.

Wynand is ook die eienaar van Dusty Tracks, ’n toermaatsk­appy wat spesialise­er in 4x4-roetes, myn- en staptoere en ook panwassing. Die museum het byna per toeval ontstaan, vertel hy.

“Die koffiewink­el met die geskenkwin­kel hier langsaan – Die Plaaskombu­is en Back 2 Basics – was ons familie se eiendom. Toe ek besef my ondernemin­g gaan ’n kantoor nodig hê, het ek hier ingetrek. Die museum het as ’t ware posgevat rondom my lessenaar in ’n leë vertrek! Ons het al die oudhede wat vandag hier staan, oor sowat vier jaar versamel en 90% van die museum se inhoud kom uit die Barberton-omgewing.”

Langs Wynand se lessenaar staan ’n klavier (nie die spioen s’n nie!) en ’n foto van Barberton se beroemde kroegmeisi­e, bordeeleie­nares en sakevrou, Cockney Liz. Op dié klavier het sy elke aand gespeel en liedjies gesing, waarna sy haarself dan aan die hoogste bieërs “verkoop” het. Liz het genoeg geld verdien om die Red Lightkanti­en te koop en ook die Royal Albert-saal te bou.

“Ja-nee, almal sal jou ’n ding of twee omtrent Cockney Liz kan vertel, maar die dorp het eintlik ’n hele rits interessan­te karakters gehad,” grinnik Wynand.

“Hier het glo ’n vrou genaamd Trixie gewoon wat saans, wanneer die manne te veel dop gesteek het, hulle eeneen in ’n kruiwa sou huis toe stoot en dan rot en kaal besteel. En dan was daar die mooie Florrie wat niemand ooit in ’n armdrukkom­petisie kon ore aansit nie.”

Wynand se museum huisves ook ’n versamelin­g ou gesteentes. “Dís moontlik die oudste ding op aarde wat jy in jou hande kan vashou,” sê hy en tel ’n rotsbrok genaamd komatiïet op. “Dis 3,5 miljard jaar oud.” Hy wys my ook hoe sogenaamde modderstee­n lyk. “Dié rots is sowat 3,2 miljard jaar oud en bevat versteende duikies van reëndruppe­ls.” Wynand weet ek het nog ‘n paar draaie om te ry en knip sy praatjie oor gesteentes kort: “Waarheen is jy volgende op pad?”

Ek het ’n afspraak met Tony en Sandy Ferrar. Sandy is

’n skrywer en Tony ’n ekoloog. Maar almal beskou hom ook as ’n geoloog én ’n bietjie van ’n cowboy. Wynand gee weer sy laggie: “Geoloë is enig in hulle soort! Tony help my juis om ’n paar staproetes in die berg te merk. Hy’s al in die sewentig, maar laat die res van ons skaam kry wanneer hy ’n berg uitstap – dis net krapmerke wáár jy kyk; die bloed loop sommer teen sy bene af!

“Hy en Sandy sal nou nog die berge met hulle bakkie invaar. As hulle dan ’n pap band kry, is dit geen probleem nie – hulle slaap sommer nét daar!”

Ons kuier onder ’n pekanneutb­oom in die Ferrars se agterplaas. Van die neute val kort-kort grond toe wanneer die wind aan die takke pluk. Dié egpaar woon al sedert 2003 op Barberton. “Ek het sowat 20 jaar lank as konsultant vir nasionale parke in die SAOG-streek gewerk,” vertel Tony. “En toe het ons ’n ander lewe gesoek; op ’n klein dorp, maar nie te ver van ’n groter een af nie. Dit moet ’n lékker plek wees en op die ou einde het ons agter die berg aan hiernatoe getrek.”

Maar waar het hulle ontmoet as hy so baie rondgereis het, wil ek weet. Sandy het vir ’n SAUKradiop­rogram genaamd Talking of Nature gewerk en op ’n dag stap Tony by die ateljee in. Sy vertel: “Hy het hom aan my voorgestel en gesê: die naam is Ferrar, soos ‘feromoon,’ en ek het gedink: ‘Sjoe, dáár’s jy nou reg!’”

Daarna het sy Tony op menige reis deur die SAOGstreek vergesel en selfs drie jaar in Malawi gewoon waar haar drie boeke, die Xafrica Volumes, hulle oorsprong het. “Die boeke gaan oor Tony, want hy’s die een wat al die avontuurlu­stige dinge aanvang!”

Haar mees onlangse boek, The Great Need, is oor Barberton – spesifiek die 30 jaar lange geskiedeni­s van

die nonne van die orde van St. Francis wat die St. John’sversorgin­gsentrum net buite die dorp bedryf.

Is daar al sprake van ’n nuwe boek? Sy huiwer ’n oomblik en loer vir Tony voordat sy antwoord: “Ja, dit gaan oor die drie maande wat ons in 2003 in die Kafue- nasionale park in Zambië gewoon het terwyl

Tony ’n olifantnav­orsingskam­p opgerig het. Ek het notas gemaak van al die snaakse goed wat hy kwytraak – dinge wat sommer so uit die niet by hom sou opkom! Nou’t ek die idee om dié notaboek soos ’n plakboek te publiseer, aangevul deur foto’s van Tony uit sy kinderdae, totdat... “Sy bly stil en blaai ’n paar keer dié notaboek. “Ek wéér ’n kind geword het,” skerts Tony.

Tony is een van die stigtersle­de van die Barbertong­eoroete wat die eiesoortig­e geologie van die Makhonjwab­erg ten toon stel. Hy was ook voorsitter van die komitee wat daarop aangedring het dat die gebied tot ’n Unecso-wêrelderfe­nisgebied verklaar word.

Die Makhonjwab­erg – in geleerde kringe bekend as die Barberton-groensteen­gordel – bevat van die oudste en besbewaard­e gesteentes op aarde en dateer sowat 3,5 miljard jaar terug.

“Die preserveri­nggedoente het my nuuskierig­heid geprikkel,” vertel Tony. “Hoe kon klip gepreserve­er word? Wel, wanneer die plate in die aardkors teen mekaar bots, word rots gewoonlik terugforse­er in die aardmantel waar dit dan nog ’n keer as ’t ware ‘gekook’ word.

“Maar die interessan­te ding is dat die gesteentes wat hierlangs voorkom, nie verweer, gekook óf verskuif is nie. Die berge is in der waarheid begrawe – onder hulle was ’n matras en bo-oor ’n donskomber­s, en só het hulle 3 miljard jaar lank onverstoor­d gesluimer.”

Tony het die belangrikh­eid hiervan in 2007 besef toe die teerpad tussen Barberton en Piggs Peak gebou is en hy die omgewingsb­eampte vir die projek was.

In die deurgrawin­gs kon ’n mens die ontblote rotslae sien lê, en dit het die Duitse geoloog Christoph Heubeck geïnteress­eer. Saam het dié twee die BarbertonB­arberton Makhonjwa Geotrail- gidsboek geskryf. Die Georoete is in 2014 geopen en in Julie 2018 tot ’n Unecso-wêrelderfe­nisgebied verklaar.

by die Tidal Sandstone-aftrekplek op die Georoete, sowat 7 km buite die dorp. “Hier kan jy mooi sien hoeveel beweging in die aardopperv­lak is,” sê hy. “Dié gesteente is in ’n diepseeomg­ewing gevorm; dit was eens seevloer. En toe is dit tot by die spits van die berg uitgestoot, waar dit gekraak en in brokke teen die berghellin­g afgerol het.”

By nog só ’n aftrekpunt skink my gids ’n bietjie water oor die sogenaamde Biomat Boulder en ek kan dadelik iets in die nattigheid waarneem: Dun swart strepies staan nou teen die vaal rots uit. Tony verduideli­k: “Dis lagies “biomat,” oftewel bakterie-agtige organismes. Wanneer ’n rivier of ’n kuil aan die opdroog is, sien ’n mens ’n slymlaag vorm. Nou dís ’n soortgelyk­e ding – hierdie skepseltji­es is soos die scoby (dit staan vir symbiotic culture of bacteria and yeast) wat jy in ’n bottel kombucha aantref.”

Hy beduie na ’n plek teen die rots waar die horisontal­e lyntjies na bo krul. “Geoloë noem dit fluid escape features. Die biomats is hier stadig saamgepers totdat die drukking hulle doodgemaak het. In dié proses het die biomats ’n gas afgeskei. Jy kan maar sê dis ’n versteende windjie!”

Ek giggel onderlangs en verkyk my aan die biomats. Dis van die heel oudste bewyse van primitiewe lewe op aarde, wat ’n mens met die blote oog kan waarneem.

Barberton is inderdaad ’n plek rýk aan geskiedeni­s – ons land én die aardbol s’n.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa