Weg!

AGTER DIE SKERMS

-

Die bekroonde joernalis en skrywer Jacques Pauw het na Vladivosto­k in die ooste van Rusland gereis en daar op die Trans-Siberiese trein geklim. Altesame 3 weke en 9 259 km later het hy in Moskou afgeklim. Lees op bl. 46 sy storie oor hierdie epiese reis.

Hoekom reis jy?

Reis is in my DNS. Ek het ’n joernalis geword omdat dit jou na plekke neem waar jy nie andersins sou reis nie. Ek onderneem elke jaar twee of drie lang reise, baiekeer om te skryf. Ek skat ek was waarskynli­k al in 80 lande.

Wat maak dat jy ’n plek altyd onthou?

Ek is lief vir geskiedkun­dige plekke... effe afgeleef en ietwat verweer. Plekke soos Istanboel, Buenos Aires, Hanoi, Porto, Palermo. Die teenoorges­telde is Dubai. Dis saai en karakterlo­os; ek verpes Dubai.

Wat versamel jy op jou reise?

My restaurant­en-gastehuis op Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap lyk soos ’n etnografie­se museum: ’n oorspronkl­ike rooi-en-goud Sowjet-fluweelkle­ed met Lenin se kop daarop, Mexikaanse engele, ’n antieke perkamentr­ol van Timboektoe, ’n Koptiese perkament uit Eritrea en Vietnamese oorlogspla­kkate…

Wat reis altyd saam met jou?

’n Goeie kamera en ’n stewige skootreken­aar. Ek karwei nie ’n klomp goed saam nie. ’n Klein rooi sleeptas wat gemaklik in die oorhoofse bagasierak in ’n vliegtuig pas. Dis al. Daar is niks erger as om met ’n swaar tas te sukkel nie. Veral op ’n trein!

Hoekom is jy so gaande oor treine?

So lank as wat ek kan onthou, reis ek op treine. Dit gee ’n mens ’n unieke en sagte blik op die wêreld.

Waarheen volgende?

As dit nie vir die Covid-19-virus was nie, sou ek nou in die Kaukasusbe­rge deur Azerbeidja­n, Armenië en Georgië gereis het; ek het ’n koopbewys van die lugredery ontvang. Sodra dit veilig is, reis ek na Tiblisi!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa