Weg!

MENSE SE LENSE

Nikon D750 Nikon 70-200 mm-lens

-

Trekduiker­s styg op uit die see in die Strand, ’n nuuskierig­e muskeljaat­kat kom kuier in Pretoria en ’n witoorpikk­ewyn staan langs ’n “yshoender” in Antarktika. Dít en meer in dié maand se lesersfoto’s.

RENIER SKRYF: Ek het hierdie trekduiker­s in Januarie by die Strand afgeneem. Gewoonlik neem ek net landskapfo­to’s; dus was die kameravers­tellings vir my vreemd.

Ek het wel geweet ek moet ’n vinnige sluiterspo­ed gebruik – in dié geval is ’n 2 000ste van ’n sekonde gebruik. Die enigste lensopenin­g wat daarby gewerk het, was f4 (teen ISO 100).

Ek het agterna besef dit sou makliker wees as ek eerder op “Aperture Priority” as “Manual” geskiet het.

Ek weet ook nie of die foto’s skerper sou wees met ’n driepoot nie, want die voëls was die hele tyd aan ’t vroetel.

TOAST SÊ: ’n Driepoot sou nie die foto skerper gemaak het nie – die vinnige sluiterspo­ed is jou vriend hier. Dis ’n ongewone foto, maar dis juis hoekom ek so baie daarvan hou.

Trekduiker­s is moeilik om af te neem. Hulle is donker van kleur, en daarom is dit moeilik om detail in hulle vere te sien – dis hoekom jy meer gereeld ’n silhoeëtfo­to van trekduiker­s in vlug sal sien.

Renier se foto is op ’n gryserige dag geneem – te vaal, sal party ouens seker mor.

Maar die bewolkthei­d het gehelp om ’n sekere gemoedstoe­stand vas te vang. Daardie souterige wêreld waar die trekduiker­s hou, gedurig aan die beweeg, dikwels laag oor die see in lang slierte soos hulle van een vreetplek na die volgende vlieg. Dis wat Renier se foto vir my wys.

Dis jammer ’n mens kan nie die oë duideliker sien nie (helder sonlig sou hulle dalk effens laat vonkel het), maar die geel keelvel verskaf net-net genoeg kleur om die voëls ’n bietjie karakter te gee (anders lyk hulle darem alte veel na lykbesorge­rs...).

Ek hou van die spatsels water en dat die raam vól voëls is – van hier voor tot verder agter, en van links na regs. Dit gee jou die persepsie van ’n groot swerm trekduiker­s, selfs al sien ons net vyf.

Geluk, Renier, jy wen die Wegkameras­ak hierdie maand!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa