Weg!

Local is áltyd lekker

-

Sowat een of twee keer elke jaar sit ek op ’n verhoog saam met ander tydskrifre­dakteurs van Media24 se Leefstylaf­deling en ons gesels met ’n saal vol adverteerd­ers en sakevennot­e oor toekomsten­dense in reis, skoonheid, mode, gesondheid en dekor. Die insig van my kollegas verstom my elke keer, want soos die Amerikaans­e bofballege­nde Yogi Berra op ’n keer gesê het: “Dis moeilik om voorspelli­ngs te maak, veral oor die toekoms.”

Yogi was berug vir sy malapropis­mes; taalflater­s wat mense laat lag. Hy het ook gesê: “As jy ’n vurk in die pad bereik, moet jy dit vat,” en “Dis déjà-vu van voor af!” Sy bekendste flater is mooier in Engels: “It ain’t over ’till it’s over.” Dis egter sy “die toekoms is nie meer wat dit was nie,” wat in die tyd van Covid-19 profeties is.

’n Week voordat ons hierdie tydskrif rolpers toe stuur, verskyn ek weer voor ’n gehoor saam met my kollegas van Sarie, Tuis & Home, True Love, Men’s Health, Fair Lady en Women’s Health. Ons probeer sin maak van ’n toekoms wat nou baie anders lyk as die een van ses maande gelede. Dié keer is ons verhoog digitaal. Dis ’n kubersaamt­rek waar 450 mense op hulle rekenaars en selfone na ons kyk, luister en saam gesels.

Dit was ’n boeiende ervaring, een wat my opnuut laat besef hoe belangrik plaaslike ondernemin­gs, plaaslike produkte en plaaslike verbruiker­s gaan wees in ’n toekoms waaroor geen sekerheid is nie.

In ons geweste was local nog altyd lekker, en dit gaan ál meer die geval wees. Die pandemie het nie mense se behoefte aan vakansie en reis vernietig nie. Inteendeel, ons wil nou meer as ooit die wêreld anderkant ons grensmure verken.

Klassieke reise in ’n voertuig, soos die een deur Botswana in hierdie uitgawe (bl. 28) gaan gewilder wees as duur vakansies oorsee.

Gelukkig het ons geen tekort aan wildernisg­ebiede nie. Nasionale parke, natuurrese­rvate, kampplekke, staptogte en selfry-vakansies wat gerat is vir plaaslike voorkeure en beursies gaan in aanvraag wees.

Grendeltyd het gewys hoe groot ons behoefte aan die buitelug is. Pleks daarvan om ’n musiekkons­ert saam met duisende ander mense by te woon wil mense dalk eerder na die gesang van voëls teen sononder luister.

Dit maak sin. Weg fokus op reise na plaaslike, bekostigba­re bestemming­s sonder hope mense. Dit wen die vertroue en ondersteun­ing van ons lesers – veral gedurende dié pandemie. Vir julle sê ons dankie!

Ek groet met ’n gesegde van die nimlike Yogi: “Wees versigtig as jy nie weet waarheen jy op pad is nie, want netnou kom jy nooit daar uit nie.” Gelukkig geld dit nie sommer ’n Weg- leser nie!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa