Weg!

Soos klokslag in die Kruger

-

Ek het met groot vreugde die artikel “Die wildtuin waarvoor ons lief is” in die Mei-uitgawe ( Weg #187) gelees. Dis interessan­t om te sien hoekom mense graag in die wildtuin kuier – en hoeveel keer hulle al daar was.

Ek hou ook boek van my en my vrou, Charlotte, se besoeke aan die Kruger: Ons was al 76 keer in die wildtuin, het al 406 nagte daar geslaap, en dit het ons tot op hede R199 432 uit die sak gejaag. (In 1973 het dit net R3 gekos om in ’n hut in Punda Maria te bly!)

Ek het dié luiperd in Maart 2020 by die Gardenia-skuiling op die S119sirkel­pad afgeneem.

NICO LIGTHELM, Faerie Glen >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa