Weg!

Stilte of skoorsoek?

-

Ek het die Kgalagadi-oorgrenspa­rk in Maart saam met my ma, Rynette, en pa, Braam, besoek. Ons geniet die stilte in die park en vat nooit ’n satellietf­oon saam nie.

Ons het eendag leeus in die Auobrivier naby die Rooibrakwa­tergat gesien. Die ander leeukykers deel toe die skokkende nuus: Almal moet oor twee dae by hulle huis wees – die hele land word om middernag op 26 Maart ingeperk!

Ons het na Mata Mata gery om die nuus te bevestig en by die kampkantoo­r is ons ’n kopie van pres. Cyril Ramaphosa se toespraak in die hand gedruk.

Skielik was ons idilliese besoek in onsekerhei­d gedompel. Wat nou? Ons het ver gery en lank gewag vir ons vakansie en dit was reeds te laat om die park te verlaat voordat die hekke vir die dag sluit. Ons het nog een nag in die Kalaharite­ntekamp (foto) gebly en die volgende dag die pad huis toe aangedurf. Die park was ongemaklik stil en leeg.

Dié vakansie het ons geleer om altyd ’n plan B hê – wie weet wanneer die seëning van stilte in skoorsoek verander!

MARYKE SCHEUN, Pretoria

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa